Kruisverwysings → Genesis 33:18

En Jakob het behoue aangekom by die stad Sigem wat in die land Kanaän is, toe hy van Paddan-Aram gekom het—hy het sy laer voor die stad opgeslaan

behoue

Johannes 3:23
En Johannes was ook besig om te doop in Enon naby Salim, omdat daar baie water was. En die mense het daar gekom en is gedoop.
Johannes 4:5
Hy kom toe by ’n stad van Samaría wat Sígar genoem word, naby die stuk grond wat Jakob aan sy seun Josef gegee het.
Handelinge 7:16
En hulle is oorgebring na Sigem en weggelê in die graf wat Abraham vir ’n som geld gekoop het van die seuns van Hemor, die vader van Sigem.

stad Sigem

Josua 24:1
DAARNA het Josua al die stamme van Israel byeen laat kom in Sigem, en hy het die oudstes van Israel en sy hoofde en sy regters en sy opsigters laat roep, en hulle het hul voor die aangesig van God gestel.
Rigters 9:1
EN Abiméleg, die seun van Jerúbbaäl, het heengegaan na Sigem, na die broers van sy moeder, en hy het met hulle en met die hele geslag van sy moeder se familie gespreek en gesê:
Johannes 4:5
Hy kom toe by ’n stad van Samaría wat Sígar genoem word, naby die stuk grond wat Jakob aan sy seun Josef gegee het.
Handelinge 7:16
En hulle is oorgebring na Sigem en weggelê in die graf wat Abraham vir ’n som geld gekoop het van die seuns van Hemor, die vader van Sigem.

Paddan-Aram

Genesis 25:20
En Isak was veertig jaar oud toe hy Rebekka, die dogter van Bétuel, die Arameër uit Paddan-Aram, die suster van Laban, die Arameër, vir hom as vrou geneem het.
Genesis 28:6-7
Toe Esau sien dat Isak Jakob geseën en hom na Paddan-Aram weggestuur het om daar vir hom ’n vrou te gaan haal, terwyl hy hom geseën en hom bevel gegee het met die woorde: Jy mag geen vrou uit die dogters van Kanaän neem nie; en dat Jakob na sy vader en sy moeder geluister het om na Paddan-Aram te gaan;
Genesis 35:9
Toe verskyn God weer aan Jakob, by sy terugkoms uit Paddan-Aram, en Hy seën hom;
Genesis 46:15
Dit is die seuns van Lea wat sy vir Jakob gebaar het in Paddan-Aram, saam met sy dogter Dina; al die siele van sy seuns en dogters was drie-en-dertig.