Kruisverwysings → Genesis 33:17

Maar Jakob het na Sukkot weggetrek en vir hom ’n huis gebou en takkrale vir sy vee gemaak. Daarom het hy die plek genoem Sukkot.

Sukkot

Josua 13:27
en in die dal: Bet-Haram en Bet-Nimra en Sukkot en Safon, die oorblyfsel van die koninkryk van Sihon, die koning van Hesbon, die Jordaan saam met sy gebied, tot by die uiteinde van die Kinnéretsee, oorkant die Jordaan na die ooste toe.
Rigters 8:5,8,16
En hy sê aan die manne van Sukkot: Gee tog broodjies vir die manskappe wat op my voetspore volg, want hulle is moeg, en ek is besig om Seba en Sálmuna, die konings van die Midianiete, agterna te jaag. ... En daarvandaan het hy opgetrek na Pnuel en met hulle net so gespreek; maar die manne van Pnuel het hom geantwoord net soos die manne van Sukkot geantwoord het. ... Daarop neem hy die oudstes van die stad saam met die woestyndorings en die distels, en hy het die manne van Sukkot daarmee ’n les geleer.
1 Konings 7:46
In die Jordaanstreek waar die grond diep was, tussen Sukkot en Sartan, het die koning dit gegiet.
Psalms 60:8
God het gespreek in sy heiligdom: Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel en die dal van Sukkot afmeet.