Kruisverwysings → Genesis 32:6

En die boodskappers het na Jakob teruggekom en gesê: Ons het by u broer Esau gekom, en hy trek u alreeds tegemoet en vierhonderd man saam met hom.

vierhonderd man

Genesis 32:8,11
want hy het gedink: As Esau op die een laer afkom en dit verslaan, sal die laer wat oorbly, vryraak. ... Red my tog uit die hand van my broer, uit die hand van Esau, want ek is bang vir hom, dat hy sal kom en my doodslaan, die moeder saam met die kinders.
Genesis 27:40-41
En van jou swaard sal jy lewe, en jou broer sal jy dien. Maar as jy jou kragte inspan, sal jy sy juk van jou nek afruk. En Esau was Jakob vyandig gesind vanweë die seën waarmee sy vader hom geseën het, en Esau het in sy hart gedink: Die dae van die rou oor my vader is naby; dan sal ek my broer Jakob doodmaak.
Genesis 33:1
EN Jakob het sy oë opgeslaan, en toe hy meteens Esau sien aankom en vierhonderd man saam met hom, het hy die kinders onder Lea en Ragel en onder die twee slavinne verdeel.
Amos 5:19
Soos wanneer iemand vlug vir ’n leeu, maar ’n beer loop hom raak; of hy kom in die huis en leun met sy hand teen die muur, en ’n slang byt hom!