Kruisverwysings → Genesis 32:31

En die son het vir hom opgegaan net toe hy Pniël verby was; en hy was mank aan sy heup.

son het vir hom opgegaan

Genesis 19:15,23
En toe die dag begin breek, het die engele by Lot aangedring en gesê: Maak jou klaar, neem jou vrou en jou twee dogters wat by jou is, dat jy weens die ongeregtigheid van die stad nie omkom nie. ... Die son het oor die aarde opgegaan toe Lot in Soar aankom.
Maleagi 4:2
Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uit trek en huppel soos kalwers uit die stal.

mank aan sy heup

Genesis 32:25
En toe Hy sien dat Hy hom nie kon oorwin nie, slaan Hy hom op sy heupbeen, sodat die heupbeen van Jakob uit lit geraak het in die worsteling met Hom.
Psalms 38:18
Want ek is klaar om te val, en my smart is altyddeur voor my.
2 Korinthiërs 12:7,9
En dat ek my oor die voortreflikheid van die openbaringe nie sou verhef nie, is my ’n doring in die vlees gegee, ’n engel van die Satan, om my met die vuis te slaan, dat ek my nie sou verhef nie. ... En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.