Kruisverwysings → Genesis 32:3

En Jakob het boodskappers uitgestuur voor hom uit na sy broer Esau in die land Seïr, die landstreek van Edom,

uitgestuur

Maleagi 3:1
KYK, Ek stuur my boodskapper wat die weg voor My uit sal baan; dan sal skielik na sy tempel kom die Here na wie julle soek, naamlik die Engel van die verbond, na wie julle ’n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê die HERE van die leërskare.
Lukas 9:52
en boodskappers voor Hom uit gestuur; en hulle het vertrek en in ’n dorp van die Samaritane gekom om vir Hom klarigheid te maak.
Lukas 14:31-32
Of watter koning wat optrek om teen ’n ander koning slag te lewer, gaan nie eers sit en beraadslaag of hy in staat is om met tienduisend die een te ontmoet wat met twintigduisend teen hom kom nie? Anders stuur hy ’n gesantskap as die ander een nog ver is, en vra vredesvoorwaardes.

Seïr

Genesis 14:6
en die Horiete op hulle gebergte Seïr, tot by El-Paran wat aan die woestyn lê.
Genesis 33:14,16
My heer moet maar voor sy dienaar uit trek, en ék sal op my gemak trek na die gang van die vee wat voor my uit gaan, en na die gang van die kinders, tot ek by my heer in Seïr aankom. ... So het Esau dan dié dag teruggegaan padlangs na Seïr toe.
Genesis 36:6-8
Toe neem Esau sy vroue en sy seuns en sy dogters en al die mense van sy huis, sy vee en al sy diere en al sy besittings wat hy in die land Kanaän verwerf het, en hy trek na ’n land, wég van sy broer Jakob af; want hulle besittings was te groot om saam te woon, en die land van hulle vreemdelingskap kon hulle nie dra vanweë hulle vee nie. En Esau het gaan woon in die gebergte Seïr. Esau, dit is Edom.
Deuteronómium 2:5,22
begeef julle nie in die oorlog teen hulle nie, want Ek sal julle van hulle land selfs nie ’n voetbreed gee nie; want Ek het aan Esau die gebergte Seïr as ’n besitting gegee. ... soos Hy in die geval van die kinders van Esau gedoen het wat in Seïr woon, voor wie Hy die Horiete verdelg het, sodat hulle dié uit hulle besitting verdryf en in hulle plek gaan woon het tot vandag toe.
Josua 24:4
en aan Isak het Ek Jakob en Esau gegee, en aan Esau het Ek die gebergte Seïr gegee, om dit in besit te neem; maar Jakob en sy kinders het na Egipte afgetrek.

Edom

Genesis 25:30
Toe sê Esau vir Jakob: Laat my tog sluk van die rooigoed daar, want ek is moeg. Daarom het hulle hom Edom genoem.