Kruisverwysings → Genesis 32:28

Toe sê Hy: Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel; want jy het geworstel met God en met die mense en het oorwin.

nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel

Genesis 17:5,15
Daarom sal hulle jou nie meer Abram noem nie, maar jou naam sal wees Abraham, want Ek maak jou ’n vader van ’n menigte van nasies. ... Verder het God aan Abraham gesê: Sarai, jou vrou, moet jy nie Sarai noem nie, maar haar naam sal Sara wees.
Genesis 33:20
Daar het hy ook ’n altaar opgerig en dit genoem: Die God van Israel is God.
Genesis 35:10
en God sê vir hom: Jou naam is Jakob; jy sal verder nie Jakob genoem word nie, maar Israel sal jou naam wees. En Hy het hom Israel genoem.
Númeri 13:16
Dit is die name van die manne wat Moses gestuur het om die land te verken; en Moses het Hoséa, die seun van Nun, Josua genoem.
2 Samuel 12:25
en Hy het hom deur Natan, die profeet, Jedídja laat noem, ter wille van die HERE.
2 Konings 17:34
Tot vandag toe handel hulle volgens die vroeëre gebruike: hulle vrees die HERE nie, en handel ook nie volgens hulle insettinge en volgens hulle gebruike nie, of volgens die wet en volgens die gebod wat die HERE die kinders van Jakob beveel het, aan wie Hy die naam Israel gegee het.
Jesaja 62:2-4
En die nasies sal jou geregtigheid sien en al die konings jou heerlikheid; en jy sal met ’n nuwe naam genoem word wat die mond van die HERE sal noem. En jy sal ’n sierlike kroon wees in die hand van die HERE en ’n koninklike tulband in die hand van jou God. Jy sal nie meer genoem word Verlatene nie, en jou land sal nie meer genoem word Wildernis nie. Maar jy sal genoem word: my welbehae, en jou land: die getroude; want die HERE het ’n behae in jou, en jou land sal getroud wees.
Jesaja 65:15
En julle sal jul naam vir my uitverkorenes as ’n woord van verwensing laat agterbly, en die Here HERE sal jou ombring. Maar sy knegte sal Hy noem met ’n ander naam,
Johannes 1:43
En hy het hom na Jesus gelei. Toe kyk Jesus hom aan en sê: Jy is Simon, die seun van Jona; jy sal genoem word Cefas, wat vertaal word Petrus.
Openbaring 2:17
Wie ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee ’n wit keursteen, en op dié steen ’n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang.

geworstel met God

Genesis 32:24
Maar Jakob het alleen agtergebly, en ’n Man het met hom geworstel tot dagbreek.
Hoséa 12:4-6
In die moederskoot het hy sy broer by die hakskeen gehou, en in sy manlike krag het hy met God geworstel. Ja, hy het met die Engel geworstel en die oorhand gekry, hy het geween en Hom gesmeek. By Bet-el het hy Hom gevind, en daar het Hy met ons gespreek. En HERE God van die leërskare, HERE is sy gedenknaam.

met die mense

Genesis 25:31
En Jakob antwoord: Verkoop eers jou eersgeboortereg aan my.
Genesis 27:33-36
Toe skrik Isak geweldig en sê: Wie is dit dan wat wild gejag en vir my gebring het? En ek het van alles geëet voordat jy gekom het, en hom geseën—ook sal hy geseënd bly! Toe Esau die woorde van sy vader hoor, skreeu hy met ’n baie groot en bitter geroep, en hy sê vir sy vader: Seën mý ook, my vader! En hy antwoord: Jou broer het gekom met bedrog en jou seën weggeneem. Daarop sê hy: Sou hulle hom Jakob noem, omdat hy my nou twee keer onderkruip het? My eersgeboortereg het hy geneem, en daar het hy nou my seën geneem! Verder vra hy: Het u vir my geen seën oorgehou nie?
Genesis 31:24,36-55
Maar God het na Laban, die Arameër, in die nag gekom in ’n droom en vir hom gesê: Pas nou op dat jy met Jakob geen goed of kwaad spreek nie. ... Toe word Jakob kwaad, en hy het met Laban getwis; en Jakob het geantwoord en vir Laban gesê: Wat is my oortreding, wat is my sonde, dat u my so vurig agternagesit het? Nou dat u al my goed deurgevoel het—wat het u van al u huisraad gevind? Sit dit hier neer voor my broers en u broers, en laat hulle oordeel tussen ons twee. Twintig jaar was ek nou by u. U skaap- en bokooie het geen misdrag gehad nie, en die ramme van u kleinvee het ek nie geëet nie. Wat die wilde diere verskeur het, het ek nie na u gebring nie: ek moes dit vergoed; van my hand het u dit geëis, of dit al bedags gesteel is of snags gesteel is. Ek was ’n man wat bedags deur die hitte verteer is en snags deur die koue, en my slaap het gevlug van my oë. Twintig jaar was ek nou in u huis; veertien jaar het ek u gedien vir u twee dogters en ses jaar vir u kleinvee; en u het my loon tien maal verander. As die God van my vader, die God van Abraham en die Vrees van Isak, nie aan my kant was nie—ja, dan sou u my met leë hande weggestuur het. God het my ellende en die moeitevolle arbeid van my hande aangesien en verlede nag geoordeel. Toe antwoord Laban en sê vir Jakob: Die dogters is my dogters, en die seuns is my seuns, en die kleinvee is my kleinvee, ja, alles wat jy sien, is myne; maar my dogters—wat sal ek hulle vandag kan aandoen of aan hulle seuns wat hulle gebaar het? Kom dan nou, laat ons ’n verbond sluit, ek en jy, dat dit ’n getuie tussen my en jou kan wees. Daarop het Jakob ’n klip geneem en dit as gedenksteen opgerig. En Jakob het aan sy broers gesê: Bring klippe bymekaar! En hulle het klippe gaan haal en ’n hoop gemaak en daar op die hoop geëet. En Laban het dit Jegar-Sahadúta genoem, maar Jakob het dit Gal-ed genoem. Toe sê Laban: Hierdie hoop is vandag ’n getuie tussen my en jou. Daarom het hulle dit Gal-ed genoem, en ook Mispa, omdat hy gesê het: Mag die HERE wag hou tussen my en jou as ons mekaar nie meer sien nie. As jy my dogters mishandel, en as jy vroue neem by my dogters, dan is geen mens by ons nie: kyk, God is getuie tussen my en jou. Verder sê Laban vir Jakob: Daar is dié hoop klippe, en daar is die gedenksteen wat ek tussen my en jou opgerig het— hierdie hoop klippe is getuie, en die gedenksteen is getuie dat ék na jou kant toe hierdie hoop nie sal verbytrek nie, en dat jý na my kant toe hierdie hoop en hierdie gedenksteen nie sal verbytrek met slegte bedoelinge nie. Die God van Abraham en die God van Nahor, die God van hulle vader, sal regter tussen ons wees. En Jakob het gesweer by die Vrees van sy vader Isak. Toe het Jakob ’n offer gebring op die gebergte en sy broers genooi om brood te eet. En hulle het brood geëet en die nag in die gebergte oorgebly. En Laban het die môre vroeg opgestaan en sy seuns en sy dogters gesoen en hulle geseën. Daarna het Laban vertrek en teruggekeer na sy woonplek.
Genesis 33:4
Toe loop Esau hom tegemoet en omhels hom en val hom om die hals en soen hom; en hulle het geween.
1 Samuel 26:25
Hierop sê Saul vir Dawid: Geseënd is jy, my seun Dawid! Jy sal groot dinge doen en sekerlik die oorhand kry. Daarop het Dawid verder gegaan, en Saul het na sy woonplek teruggekeer.
Spreuke 16:7
As die HERE behae het in die weë van ’n man, dan laat Hy selfs sy vyande met hom vrede hou.