Kruisverwysings → Genesis 32:26

Toe sê Hy: Laat My gaan, want die dag het gebreek. Maar hy antwoord: Ek sal U nie laat gaan nie tensy dat U my seën.

Laat My gaan

Eksodus 32:10
Laat My dan nou begaan, dat my toorn teen hulle ontvlam en Ek hulle verteer. Dan sal Ek jou tot ’n groot nasie maak.
Deuteronómium 9:14
Laat My staan dat Ek hulle verdelg en hulle naam onder die hemel uitdelg; en Ek sal jou ’n nasie maak wat magtiger is en meer as hulle.
Hooglied 7:5
U hoof op u is soos die Karmel, en die golwende hare van u hoof soos purper—’n koning gevang in haarlokke!
Jesaja 45:11
So sê die HERE, die Heilige van Israel en sy Formeerder: Vra My aangaande die toekomstige dinge; vertrou my seuns en die werk van my hande aan My toe!
Jesaja 64:7
En daar was niemand wat u Naam aangeroep het, wat hom beywer het om U aan te kleef nie; want U het u aangesig vir ons verberg en laat ons wegsmelt deur ons ongeregtighede.
Lukas 24:28-29
Daarop kom hulle naby die dorp waarheen hulle op reis was, en Hy het gemaak of Hy verder wou gaan; maar hulle het by Hom aangedring en gesê: Bly by ons, want dit is amper aand en die dag het gedaal; en Hy het ingegaan om by hulle te bly.

nie laat gaan nie

Hooglied 3:4
Skaars het ek van hulle af verder gegaan, of ek het my sielsbeminde gevind; ek het hom vasgehou en hom nie gelos voordat ek hom gebring het in die huis van my moeder en in die binnekamer van haar wat my gebaar het nie.
Hoséa 12:5
Ja, hy het met die Engel geworstel en die oorhand gekry, hy het geween en Hom gesmeek. By Bet-el het hy Hom gevind, en daar het Hy met ons gespreek.
Lukas 18:1-7
EN Hy het ook aan hulle ’n gelykenis vertel met die oog daarop dat ’n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie, en gesê: Daar was ’n regter in ’n stad wat God nie gevrees en geen mens ontsien het nie. En daar was in daardie stad ’n weduwee, en sy het gedurig na hom gekom en gesê: Doen reg aan my teenoor my teëparty. En ’n tyd lank wou hy nie; maar daarna het hy by homself gesê: Al vrees ek God ook nie en al ontsien ek geen mens nie, tog sal ek, omdat hierdie weduwee my moeite gee, aan haar reg doen, sodat sy nie eindelik kom en my in die gesig slaan nie. Toe sê die Here: Hoor wat die onregverdige regter sê. Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval?
Romeine 8:37
Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.
1 Korinthiërs 15:58
Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.
2 Korinthiërs 12:8-9
Hieroor het ek die Here drie maal gebid, dat hy van my sou wyk. En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.
Hebreërs 5:7
Hy wat in die dae van sy vlees gebede en smekinge met sterk geroep en trane aan Hóm geoffer het wat Hom uit die dood kon red, en ook verhoor is uit die angs —

my seën

1 Kronieke 4:10
En Jabes het die God van Israel aangeroep en gesê: As U my ryklik seën en my grondgebied vermeerder en u hand met my sal wees en U die onheil afweer, sodat my geen smart tref nie! En God het laat kom wat hy begeer het.
Psalms 67:1-2,7-8
VIR die musiekleier; met snaarinstrumente. ’n Psalm. ’n Lied. Mag God ons genadig wees en ons seën; mag Hy sy aangesig by ons laat skyn! Sela. ... Die aarde het sy opbrings gelewer; God, onse God, sal ons seën. God sal ons seën, en al die eindes van die aarde sal Hom vrees.
Psalms 115:12-13
Die HERE het aan ons gedink: Hy sal seën, Hy sal die huis van Israel seën, Hy sal die huis van Aäron seën. Hy sal diegene seën wat die HERE vrees, die kleintjies saam met die grotes.