Kruisverwysings → Genesis 32:2

Toe hy hulle sien, sê Jakob: Dit is ’n leër van God! En hy het die plek Mahanáim genoem.

leër van God

Josua 5:14
En Hy sê: Nee, maar Ek is die leërowerste van die HERE; Ek het nou gekom. Toe val Josua met sy aangesig op die grond en buig hom neer en vra Hom: Wat wil my Here aan sy dienskneg sê?
2 Konings 6:17
En Elísa het gebid en gesê: HERE, open tog sy oë, dat hy kan sien. En die HERE het die oë van sy dienaar geopen, dat hy kon sien, en meteens was die berg vol perde en waens van vuur rondom Elísa.
Psalms 34:8
Get. Die Engel van die HERE trek ’n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit.
Psalms 103:21
Loof die HERE, al sy leërskare, sy dienaars wat sy welbehae doen!
Psalms 148:2
Loof Hom, al sy engele, loof Hom, al sy leërskare!
Daniël 10:20
Toe sê hy: Weet jy waarom ek na jou gekom het? Ek moet dan nou teruggaan om te veg met die vors van die Perse; en as ek heengegaan het, kyk, dan kom die vors van Griekeland.
Lukas 2:13
En skielik was daar saam met die engel ’n menigte van die hemelse leërskare wat God prys en sê:

Mahanáim

Josua 21:38
En uit die stam van Gad, die vrystad vir hom wat ’n doodslag begaan het: Ramot in Gílead met sy weiveld, en Mahanáim met sy weiveld,
2 Samuel 2:8,12
Maar Abner, die seun van Ner, die leërowerste van Saul, het Isbóset, die seun van Saul, geneem en hom oorgebring na Mahanáim ... EN Abner, die seun van Ner, met die dienaars van Isbóset, die seun van Saul, het uitgetrek uit Mahanáim na Gíbeon.
2 Samuel 17:24,26-27
EN Dawid het al in Mahanáim aangekom terwyl Absalom deur die Jordaan trek, hy en al die manne van Israel saam met hom. ... En Israel en Absalom het laer opgeslaan in die land Gílead. Net toe Dawid in Mahanáim aankom, bring Sobi, die seun van Nahas, uit Rabba van die kinders van Ammon, en Magir, die seun van Ámmiël, uit Lódebar, en Barsíllai, die Gileadiet, uit Rógelim,
1 Konings 2:8
Verder is daar by jou Símeï, die seun van Gera, die Benjaminiet, uit Bahúrim; hý naamlik het my gevloek met ’n hewige vloek die dag toe ek na Mahanáim gegaan het; en hý het afgekom om my te ontmoet by die Jordaan, sodat ek vir hom by die HERE gesweer en gesê het: Ek sal jou nie met die swaard doodmaak nie.
1 Konings 4:14
Ahínadab, die seun van Iddo, was in Mahanáim.
Hooglied 6:13
Kom terug, kom terug, Sulammitiese, kom terug, kom terug, dat ons u kan aansien. Wat sien julle aan die Sulammitiese? Iets soos die koordans van Mahanáim.