Kruisverwysings → Genesis 32:16

en hy het hulle aan sy dienaars afgegee, elke trop afsonderlik, en aan sy dienaars gesê: Trek voor my uit, en laat ’n plek oop tussen trop en trop.

plek oop

Genesis 32:20
julle moet sê: Kyk, ook u dienaar Jakob kom agter ons aan. Want hy het gedink: Laat ek hom versoen met die geskenk wat voor my uit gaan, en daarna sy aangesig sien—miskien sal hy my in guns aanneem.
Genesis 33:8-9
Daarop sê hy: Wat is jou bedoeling met daardie hele laer wat ek teëgekom het? En hy antwoord: Om guns te vind in die oë van my heer. Maar Esau sê: Ek het baie, my broer! Wat joue is, laat dit joue bly!
Psalms 112:5
Tet. Gelukkig die man wat hom ontferm en uitleen, Jod. wat sy sake volgens reg besorg.
Spreuke 2:11
oorleg sal oor jou wag hou, verstand sal jou bewaak,
Jesaja 28:26
En sy God het hom onderrig hoe om dit te doen, Hy leer hom.
Mattheüs 10:16
Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe.