Kruisverwysings → Genesis 32:14

tweehonderd bokooie en twintig bokke, tweehonderd skaapooie en twintig ramme,

tweehonderd bokooie en twintig bokke, tweehonderd skaapooie en twintig ramme

Genesis 30:43
En die man het buitengewoon uitgebrei en baie kleinvee en slavinne en slawe en kamele en esels gehad.
Genesis 31:9,16
So het God dan die vee van julle vader weggeneem en aan my gegee. ... Want al die rykdom wat God van ons vader weggeneem het, kom ons en ons kinders toe. Doen dan nou alles wat God jou gesê het.
Deuteronómium 8:18
Maar dink aan die HERE jou God, dat dit Hy is wat jou krag gee om rykdom te verwerwe, dat Hy sy verbond kan bevestig wat Hy aan jou vaders met ’n eed beloof het, soos dit vandag is.
1 Samuel 25:2
En daar was ’n man in Maon wat sy boerdery in Karmel gehad het, en die man was baie vermoënd: hy het drieduisend skape en duisend bokke gehad, en hy was besig om sy skape te skeer in Karmel.
Job 1:3
Daarby was sy besitting seweduisend stuks kleinvee en drieduisend kamele en vyfhonderd paar beeste en vyfhonderd eselinne en ’n groot menigte slawe, sodat dié man ryker was as al die kinders van die Ooste.
Job 42:12
En die HERE het die einde van Job meer geseën as sy begin; en hy het veertienduisend stuks kleinvee en sesduisend kamele en duisend paar beeste en duisend eselinne gehad.