Kruisverwysings → Genesis 32:13

En hy het die nag daar oorgebly en van wat in sy besit was, ’n geskenk geneem vir sy broer Esau:

wat in sy besit was

1 Samuel 25:8
Vra u dienaars, en hulle sal u dit te kenne gee; laat dus die jongmanne guns vind in u oë, want ons het op ’n vrolike dag gekom; gee tog wat u byderhand het aan u dienaars en aan u seun Dawid.

’n geskenk

Genesis 32:20-21
julle moet sê: Kyk, ook u dienaar Jakob kom agter ons aan. Want hy het gedink: Laat ek hom versoen met die geskenk wat voor my uit gaan, en daarna sy aangesig sien—miskien sal hy my in guns aanneem. So het die geskenk dan voor hom uit gegaan, maar hy self het dié nag in die laer gebly.
Genesis 18:2
Toe hy sy oë opslaan en kyk, staan daar drie manne voor hom. En toe hy hulle sien, loop hy hulle tegemoet van die ingang van die tent af en buig hom na die aarde toe.
Genesis 33:10
Toe antwoord Jakob: Ag nee, as ek nou guns in u oë gevind het, neem dan my geskenk uit my hand aan. Want juis daarom het ek u aangesig te sien gekry soos ’n mens die aangesig van God sien, en u het behae in my gehad.
Genesis 42:6
En Josef was die maghebber oor die land, hy wat aan al die mense van die land koring verkoop het; daarom het die broers van Josef gekom en hulle voor hom met die aangesig na die aarde gebuig.
Genesis 43:11,26
Toe het Israel, hulle vader, vir hulle gesê: As dit so is, doen dan dit: neem van die opbrings van die land in julle sakke en bring vir die man ’n geskenk af—bietjie balsem en bietjie heuning, speserye en gom, neute en amandels; ... Toe Josef dan in die huis kom, het hulle vir hom die geskenk binnegebring wat by hulle was, en hulle voor hom neergebuig na die aarde toe.
1 Samuel 25:27
En laat nou hierdie geskenk wat u dienares vir my heer gebring het, aan die jongmanne gegee word wat op my heer se voetspore rondtrek.
Spreuke 17:8
Kosbare edelgesteente is die omkoopgeskenk in die oë van sy besitter; oral waar hy heengaan, sal hy slaag.
Spreuke 18:16
Die geskenk van iemand maak vir hom ruimte en bring hom in die teenwoordigheid van die aansienlikes.
Spreuke 19:6
Baie soek die guns van die edele, en die man van geskenke het ’n hoop vriende.
Spreuke 21:14
’n Geskenk in die geheim bring die toorn tot bedaring en ’n geskenk in die skoot die heftige woede.