Kruisverwysings → Genesis 32:11

Red my tog uit die hand van my broer, uit die hand van Esau, want ek is bang vir hom, dat hy sal kom en my doodslaan, die moeder saam met die kinders.

Red my tog

1 Samuel 12:10
Toe het hulle die HERE aangeroep en gesê: Ons het gesondig, want ons het die HERE verlaat en die Baäls en Astartes gedien; maar red ons nou uit die hand van ons vyande, dan sal ons U dien.
1 Samuel 24:16
Maar die HERE sal regter wees en oordeel tussen my en u. Ja, mag Hy toesien en my saak verdedig en aan my reg verskaf teenoor u.
Psalms 16:1
’N GEDIG van Dawid. Bewaar my, o God, want by U skuil ek.
Psalms 25:20
Sjin. Bewaar my siel en red my; laat my nie beskaamd staan nie, want by U skuil ek.
Psalms 31:3
Neig u oor tot my, red my gou; wees vir my ’n rots om in te vlug, ’n baie vaste huis om my te verlos.
Psalms 43:1
DOEN aan my reg, o God, en verdedig my regsaak teen ’n onbarmhartige volk; red my van die man van bedrog en onreg!
Psalms 59:1-3
VIR die musiekleier; op die wysie van: „Moenie verwoes nie.” Van Dawid. ’n Gedig, toe Saul gestuur het en hulle die huis laat bewaak het om hom dood te maak. Red my van my vyande, o my God! Beskerm my teen my teëstanders! Red my van die werkers van ongeregtigheid, en verlos my van die manne van bloed!
Psalms 119:134
Verlos my van die mens se verdrukking, sodat ek u bevele kan onderhou.
Psalms 142:7
Luister na my smeking, want ek is baie swak; red my van my vervolgers, want hulle is vir my te sterk.
Spreuke 18:19
’n Broer teen wie oortree is, is erger as ’n sterk stad; en geskille is soos die grendel van ’n paleis.
Daniël 3:17
As onse God wat ons dien, in staat is om ons te verlos, dan sal Hy ons uit die brandende vuuroond en uit u hand, o koning, verlos;
Mattheüs 6:13
en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

die moeder saam met die kinders

Deuteronómium 22:6
As jy op pad ’n voëlnes kry in een of ander boom of op die grond, met klein voëltjies of eiers, terwyl die moeder op die klein voëltjies of op die eiers sit, mag jy die moeder nie saam met die kleintjies wegneem nie.
Hoséa 10:14
Daarom sal daar oorlogsrumoer onder jou volke ontstaan en al jou vestings verwoes word net soos Salman Bet-Arbel verwoes het in die dag van oorlog: moeders is met kinders en al verpletter.