Kruisverwysings → Genesis 31:54

Toe het Jakob ’n offer gebring op die gebergte en sy broers genooi om brood te eet. En hulle het brood geëet en die nag in die gebergte oorgebly.

brood geëet

Genesis 21:8
En die kind het opgegroei en is gespeen. En Abraham het ’n groot maaltyd berei op die dag toe Isak gespeen is.
Genesis 26:30
Toe berei hy vir hulle ’n maaltyd, en hulle het geëet en gedrink.
Genesis 37:25
Daarna het hulle gaan sit om brood te eet; en toe hulle hul oë opslaan, sien hulle meteens ’n reisgeselskap Ismaeliete wat uit Gílead kom—hulle kamele gelaai met speserye en balsem en gom—op pad om dit na Egipte af te bring.
Eksodus 18:12
Daarop het Jetro, Moses se skoonvader, ’n brandoffer en slagoffers geneem tot eer van God. En Aäron en al die oudstes van Israel het gekom om saam met Moses se skoonvader brood te eet voor die aangesig van God.
2 Samuel 3:20-21
Toe Abner by Dawid in Hebron kom, en twintig man saam met hom, het Dawid vir Abner en die manne wat by hom was, ’n maaltyd aangerig. En Abner sê vir Dawid: Ek wil my klaarmaak en die hele Israel by my heer die koning gaan versamel, dat hulle met u ’n verbond sluit; dan kan u heers oor alles wat u siel begeer. Daarop het Dawid Abner laat gaan, en hy het in vrede weggegaan.