CrossReferences.org

Kruisverwysings Genesis 31:45

Daarop het Jakob ’n klip geneem en dit as gedenksteen opgerig.

Druk op ’n gekleurde frase om na sy verwysings te spring.

Lees Genesis 31:45 in konteks →

klip geneem en dit as gedenksteen opgerig

  1. Genesis 28:18-22

    18Toe staan Jakob die môre vroeg op en neem die klip wat hy onder sy hoof gesit het, en rig dit as ’n gedenksteen op; en hy het olie daaroor uitgegiet. 19En hy het die plek Bet-el genoem; maar die naam van die stad was tevore Lus. 20En Jakob het ’n gelofte gedoen en gesê: As God met my sal wees om my te bewaar op hierdie weg wat ek gaan, en aan my brood sal gee om te eet en klere om aan te trek, 21en ek behoue na die huis van my vader sal terugkom, dan sal die HERE my God wees. 22En hierdie klip wat ek as gedenksteen opgerig het, sal ’n huis van God wees, en van alles wat U my gee, sal ek aan U sekerlik die tiendes afstaan.