Kruisverwysings → Genesis 31:32

Die een by wie u u gode vind—hy mag nie lewe nie! Ondersoek wat by my is, in teenwoordigheid van ons broers, en neem dit vir u. Maar Jakob het nie geweet dat Ragel dit gesteel het nie.

u gode vind

Genesis 31:19,30
Onderwyl Laban gaan om sy kleinvee te skeer, het Ragel die huisgode van haar vader gesteel. ... Nou is jy dan eenmaal aan trek, omdat jy so erg verlang het na die huis van jou vader—maar waarom het jy my gode gesteel?
Genesis 44:9-12
Dié een van u dienaars by wie dit gevind word, moet sterwe; en ons sal ook my heer se slawe wees. Toe sê hy: Nou goed, laat dit wees soos julle gesê het. Dié een by wie dit gevind word, is my slaaf. Maar júlle sal vry wees. Daarop het hulle gou elkeen sy sak op die grond neergesit en elkeen sy sak oopgemaak. En hy het gesoek; hy het begin by die oudste en opgehou by die jongste; en die beker is in Benjamin se sak gevind.

teenwoordigheid van ons broers

Genesis 31:23
Daarop het hy sy broers saam met hom geneem en hom agternagejaag, ’n afstand van sewe dae, en hom ingehaal in die gebergte van Gílead.
Genesis 13:8
Toe sê Abram vir Lot: Laat daar tog geen twis wees tussen my en jou, en tussen my wagters en jou wagters nie; ons is mos broers.
Genesis 19:7
en sê: My broers, moet tog nie kwaad doen nie.
Genesis 30:33
En my regverdigheid sal later vír my getuig: as u kom om my loon na te gaan, sal alles wat nie gestippel of bont is onder die bokke, en wat nie swart is onder die skaaplammers nie, gesteelde goed by my wees.
1 Samuel 12:3-5
Hier is ek; getuig teen my voor die HERE en voor sy gesalfde: wie se bees ek geneem het, en wie se esel ek geneem het, en wie ek verdruk of hard behandel het; en uit wie se hand ek omkoopgeld aangeneem het om my oë daarmee toe te maak—dan sal ek dit aan julle teruggee. En hulle antwoord: U het ons nie verdruk of ons hard behandel nie en uit niemand se hand iets aangeneem nie. Daarop sê hy vir hulle: Die HERE is getuie teen julle, en getuie is sy gesalfde vandag, dat julle niks in my hand gevind het nie. En hulle roep: Hy is getuie.
2 Korinthiërs 8:20-21
om te voorkom dat iemand ons sou belaster in verband met hierdie groot bydrae wat deur ons berei word. Want ons bedink wat goed is nie alleen voor die Here nie, maar ook voor die mense.
2 Korinthiërs 12:17-19
Het ek my dan ten koste van julle bevoordeel deur een van die wat ek na julle gestuur het? Ek het Titus gevra en die broeder saamgestuur. Het Titus hom dan ten koste van julle bevoordeel? Het ons nie in dieselfde gees, in dieselfde spore gewandel nie? DINK julle weer dat ons ons by julle verdedig? Ons spreek in die teenwoordigheid van God in Christus, en dit alles, geliefdes, tot julle stigting.

Jakob het nie geweet

1 Samuel 14:24-29
en die manne van Israel dié dag aangedryf word, het Saul die manskappe besweer en gesê: Vervloek is die man wat iets eet tot vanaand, sodat ek my op my vyande kan wreek. Daarom het al die manskappe aan niks geproe nie. En al die mense het in ’n bos gekom, en daar was heuning op die veld. Toe die manskappe in die bos kom, was daar oorvloed van heuning; maar niemand het met sy hand aan sy mond geraak nie, omdat die manskappe bevrees was vir die eed. Maar Jónatan het nie gehoor toe sy vader die manskappe besweer het nie en het die punt van die staf wat in sy hand was, uitgesteek en dit in ’n heuningkoek gedoop en sy hand aan sy mond gebring, en sy oë het helder geword. Daarop spreek een van die manskappe hom aan en sê: Jou vader het die manskappe met hierdie dure eed besweer: Vervloek is die man wat vandag iets eet. Daarom is die volk afgemat. En Jónatan sê: My vader stort die land in die ongeluk; kyk tog hoe helder my oë nou is, omdat ek hierdie bietjie heuning geproe het.