Waarom
- Genesis 31:3-5,20-21,31
3En die HERE het aan Jakob gesê: Gaan terug na die land van jou vaders en na jou familie; en Ek sal met jou wees. 4Toe stuur Jakob en laat Ragel en Lea veld toe roep na sy kleinvee 5en sê vir hulle: Ek sien dat die aangesig van julle vader teenoor my nie meer is soos gister en eergister nie, maar die God van my vader was met my. … 20En Jakob het Laban, die Arameër, mislei deur hom nie te vertel dat hy wou vlug nie. 21So het hy dan gevlug met alles wat hy gehad het: hy het hom klaargemaak en deur die Eufraat gegaan en sy aangesig gerig na die gebergte van Gílead. … 31Toe antwoord Jakob en sê vir Laban: Omdat ek bevrees was, want ek het gedink u sal miskien u dogters met geweld van my wegneem.
- Rigters 6:27
27Toe het Gídeon tien man van sy dienaars geneem en gedoen soos die HERE aan hom gesê het; maar omdat hy te bang was vir sy familie en vir die manne van die stad, om dit oordag te doen, het hy dit in die nag gedoen.
my mislei
- Genesis 31:20
20En Jakob het Laban, die Arameër, mislei deur hom nie te vertel dat hy wou vlug nie.
kon weggebring het
- Spreuke 26:23-26
23Silwerskuim waarmee ’n potskerf oorgetrek is—so is gloeiende lippe en ’n slegte hart. 24Die hater veins met sy lippe, maar in sy binneste koester hy bedrog. 25As hy sy stem lieflik maak, vertrou hom nie; want sewe gruwels is in sy hart. 26Al verberg die haat homself in bedrog, sy boosheid word in die vergadering openbaar.
vrolikheid
- Genesis 24:59-60
59Daarop het hulle Rebekka, hulle suster, en haar oppasser laat trek saam met die dienaar van Abraham en sy manne. 60En hulle het Rebekka geseën en aan haar gesê: Ons suster, mag jy duisende van tienduisende word, en mag jou nageslag die poort van sy vyande in besit neem!
- Job 21:11-14
11Hulle laat hul jong seuns loop soos ’n trop kleinvee, en hul kinders spring rond. 12Hulle sing by die tamboeryn en siter en is bly by die klank van die fluit. 13In voorspoed slyt hulle hul dae, en in ’n oomblik sink hulle in die doderyk af. 14Tog het hulle tot God gesê: Bly ver van ons af; en: In die kennis van u weë het ons geen behae nie.
tamboeryn
- Eksodus 15:20
20En Mirjam, die profetes, die suster van Aäron, het ’n tamboeryn in haar hand geneem; en al die vroue het uitgegaan agter haar aan, met tamboeryne en in koordanse.