Kruisverwysings → Genesis 31:24

Maar God het na Laban, die Arameër, in die nag gekom in ’n droom en vir hom gesê: Pas nou op dat jy met Jakob geen goed of kwaad spreek nie.

Arameër

Genesis 28:5
So het Isak Jakob dan weggestuur, en hy het na Paddan-Aram gegaan, na Laban, die seun van Bétuel, die Arameër, die broer van Rebekka, die moeder van Jakob en Esau.
Deuteronómium 26:5
Dan moet jy voor die aangesig van die HERE jou God verklaar en sê: My vader was ’n swerwende Arameër en het na Egipte afgetrek en daar as vreemdeling vertoef met min mense; maar hy het daar ’n groot, magtige en talryke nasie geword.
Hoséa 12:13
En Jakob het gevlug na die veld van Aram, en Israel was diensbaar vir ’n vrou as loon, en vir ’n vrou het hy vee opgepas.

droom

Genesis 31:10,29
Eenkeer, in die tyd toe die kleinvee verhit was, het ek my oë opgeslaan en in ’n droom gesien dat die bokramme wat die kleinvee dek, gestreep, gestippeld en bont was. ... Dit is in my mag om julle skade aan te doen, maar die God van julle vader het verlede nag met my gespreek en gesê: Pas nou op om met Jakob geen goed of kwaad te spreek nie.
Genesis 20:3
Maar God het in die nag by Abiméleg gekom in ’n droom en vir hom gesê: Kyk, jy sal sterwe ter wille van die vrou wat jy laat haal het, want sy is ’n getroude vrou.
Genesis 40:5
En hulle het altwee ’n droom gehad, elkeen sy droom, in dieselfde nag, elkeen ’n droom met besondere betekenis, die skinker en die bakker van die koning van Egipte, wat in die gevangenis gevange gesit het.
Genesis 41:1
NÁ verloop van twee volle jare het Farao gedroom dat hy by die Nyl staan;
Númeri 12:6
Toe sê Hy: Hoor tog my woorde. As julle profeet van die HERE is, sal Ek deur ’n gesig My aan hom bekend maak, deur ’n droom sal Ek met hom spreek.
Númeri 22:20,26
En God het in die nag na Bíleam gekom en aan hom gesê: As die manne gekom het om jou te roep, staan dan op, gaan met hulle saam; maar net wat Ek jou sê, dit moet jy doen. ... En die Engel van die HERE het weer verder gegaan en bly staan op ’n nou plek waar geen pad was om regs of links uit te draai nie.
1 Konings 3:5
Toe verskyn die HERE in Gíbeon in ’n nagtelike droom aan Salomo; en God het gesê: Begeer wat Ek jou moet gee.
Job 33:15-17,25
In die droom, in ’n naggesig, as diepe slaap op die mense val, tydens sluimeringe op die bed, dan open Hy die oor van die mense, en Hy druk die seël op die waarskuwing aan hulle; om die mens terug te hou van sy onderneming en trotsheid vir die man te verberg; ... dan word sy vlees fris van jeugdige krag, hy keer terug na die dae van sy jonkheid.
Mattheüs 1:20
Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ’n engel van die Here in ’n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees;
Mattheüs 2:12
En omdat hulle in ’n droom ’n goddelike waarskuwing ontvang het om nie na Herodes terug te keer nie, het hulle met ’n ander pad na hul land teruggegaan.
Mattheüs 27:19
En terwyl hy op die regbank sit, het sy vrou na hom gestuur en gesê: Moet tog niks te doen hê met dié regverdige man nie, want ek het vandag in ’n droom baie gely om sy ontwil.

Pas nou op

Genesis 31:42
As die God van my vader, die God van Abraham en die Vrees van Isak, nie aan my kant was nie—ja, dan sou u my met leë hande weggestuur het. God het my ellende en die moeitevolle arbeid van my hande aangesien en verlede nag geoordeel.
Genesis 24:50
Toe antwoord Laban en Bétuel en sê: Van die HERE kom die saak; ons kan jou daar geen kwaad of goed van spreek nie.
Númeri 24:13
Al gee Balak my sy huis vol silwer en goud, ek kan die bevel van die HERE nie oortree om goed of kwaad uit my eie hart te doen nie; wat die HERE spreek, dit sal ek spreek.
2 Samuel 13:22
Maar Absalom het met Amnon geen kwaad of goed gepraat nie, maar Absalom het Amnon gehaat, omdat hy sy suster Tamar onteer het.
Psalms 105:14-15
het Hy geen mens toegelaat om hulle te verdruk nie; ook het Hy konings om hulle ontwil gestraf en gesê: Raak my gesalfdes nie aan en doen my profete geen kwaad nie.
Jesaja 37:29
Omdat jy teen My raas en jou trotsheid opgekom het in my ore, daarom sal Ek my haak in jou neus sit en my toom tussen jou lippe en jou terugbring met die pad waarmee jy gekom het.