Kruisverwysings → Genesis 31:21

So het hy dan gevlug met alles wat hy gehad het: hy het hom klaargemaak en deur die Eufraat gegaan en sy aangesig gerig na die gebergte van Gílead.

deur die Eufraat gegaan

Genesis 2:14
En die naam van die derde rivier is die Hiddékel. Dit is hy wat oos van Assur loop. En die vierde rivier is die Frat.
Genesis 15:18
Op dié dag het die HERE met Abram ’n verbond gesluit en gesê: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier:
Josua 24:2-3
Toe sê Josua aan die hele volk: So sê die HERE, die God van Israel: Oorkant die Eufraat het julle vaders van oudsher gewoon—Tera, die vader van Abraham en die vader van Nahor, en hulle het ander gode gedien. Maar Ek het julle vader Abraham van oorkant die Eufraat af geneem en hom deur die hele land Kanaän laat trek en sy nageslag vermeerder en Isak aan hom gegee;

aangesig gerig na

Genesis 46:28
En hy het Juda voor hom uit gestuur na Josef, dat dié voor hom uit die pad moes wys na Gosen; en hulle het in die land Gosen aangekom.
Númeri 24:1
TOE Bíleam sien dat dit goed was in die oë van die HERE om Israel te seën, het hy hom nie soos die vorige kere tot towery gewend nie, maar sy gesig na die woestyn gedraai.
2 Konings 12:17
Destyds het Hásael, die koning van Aram, opgetrek en teen Gat geveg en dit ingeneem; daarna het Hásael sy aangesig gerig om teen Jerusalem op te trek.
Jeremia 50:5
Hulle sal na Sion vra; op die pad hierheen sal hulle aangesig gerig wees; hulle sal kom en by die HERE aansluit in ’n ewige verbond wat nie vergeet sal word nie.
Lukas 9:51-53
EN toe die dae van sy opneming nader kom, het Hy sy aangesig gerig om na Jerusalem te reis, en boodskappers voor Hom uit gestuur; en hulle het vertrek en in ’n dorp van die Samaritane gekom om vir Hom klarigheid te maak. En hulle het Hom nie ontvang nie, omdat Hy na Jerusalem op reis was.

Gílead

Genesis 31:23
Daarop het hy sy broers saam met hom geneem en hom agternagejaag, ’n afstand van sewe dae, en hom ingehaal in die gebergte van Gílead.
Númeri 32:1
EN die kinders van Ruben en die kinders van Gad het baie vee gehad, ’n groot menigte. En toe hulle die land van Jaéser en die land Gílead bekyk het, vind hulle uit dat die plek ’n plek vir vee was.
Deuteronómium 3:12
En hierdie land het ons in dié tyd in besit geneem: van Ároër af, wat by die Arnonrivier lê, en die helfte van die gebergte van Gílead met die stede daarvan het ek aan die Rubeniete en die Gadiete gegee.
Josua 13:8-9
Saam met hom het die Rubeniete en die Gadiete hulle erfdeel ontvang wat Moses oorkant die Jordaan na die ooste toe aan hulle gegee het, soos Moses, die kneg van die HERE, dit aan hulle gegee het: van Ároër af wat aan die kant van die Arnonrivier lê, die stad in die middel van die dal, en die hele gelykveld van Médeba af tot by Dibon;
Rigters 10:18
Toe sê die manskappe, die vorste van Gílead, die een aan die ander: Wie is die man wat sal begin om te veg teen die kinders van Ammon? Hy sal hoof wees oor al die inwoners van Gílead.
1 Konings 17:1
EN Elía, die Tisbiet, uit Tisbe in Gílead, het vir Agab gesê: So waar as die HERE, die God van Israel, leef, voor wie se aangesig ek staan, daar sal geen dou of reën in hierdie jare wees nie, behalwe op my woord!