Nou is jy dan eenmaal aan trek, omdat jy so erg verlang het na die huis van jou vader—maar waarom het jy my gode gesteel? ... Die een by wie u u gode vind—hy mag nie lewe nie! Ondersoek wat by my is, in teenwoordigheid van ons broers, en neem dit vir u. Maar Jakob het nie geweet dat Ragel dit gesteel het nie.
Toe sê Josua aan die hele volk: So sê die HERE, die God van Israel: Oorkant die Eufraat het julle vaders van oudsher gewoon—Tera, die vader van Abraham en die vader van Nahor, en hulle het ander gode gedien.
Toe hy dan die geld aan sy moeder teruggegee het, neem sy moeder tweehonderd sikkels silwer en gee dit aan ’n goudsmid; en hy het daar ’n gesnede en ’n gegote beeld van gemaak wat in die huis van Miga gekom het. Die man Miga het naamlik ’n godshuis gehad, en hy het ’n skouerkleed en huisgode gemaak en een van sy seuns aangestel om vir hom priester te wees.
Daarop het die vyf man wat gegaan het om die land van Lais te verken, aan hulle broers begin sê: Weet julle dat in hierdie huise ’n skouerkleed en huisgode en ’n gesnede en ’n gegote beeld is? Weet dan nou wat julle moet doen! Hulle het toe daarheen uitgedraai en gekom by die huis van die jongman, die Leviet, die huis van Miga, en hom na sy welstand gevra. Onderwyl die seshonderd man wat uit die kinders van Dan was, met hulle wapens omgord voor die ingang van die poort gaan staan, het die vyf man wat gegaan het om die land te verken, opgegaan, daar ingekom, die gesnede beeld en die skouerkleed en die huisgode en die gegote beeld geneem, terwyl die priester by die ingang van die poort bly staan saam met die seshonderd man met wapens omgord. Toe daardie manne dan die huis van Miga ingegaan en die gesnede beeld, die skouerkleed en die huisgode en die gegote beeld geneem het, vra die priester vir hulle: Wat maak julle? En hulle sê vir hom: Bly stil, sit jou hand op jou mond en gaan saam met ons, en wees vir ons ’n vader en ’n priester: is dit beter vir jou om priester te wees vir die huis van een man of om priester te wees vir ’n stam en ’n geslag in Israel? Toe word die priester se hart vrolik, en hy neem die skouerkleed en die huisgode en die gesnede beeld en gaan tussen die manskappe in. En hulle het weggedraai en voortgetrek, met die kinders en die vee en die waardevolle goed op hulle voorpunt. Nadat hulle ’n hele ent weg was van Miga se huis af, is die manne van die huise wat by Miga se huis staan, bymekaargeroep, en hulle het die kinders van Dan agtervolg en na die kinders van Dan geroep. Toe draai dié hulle gesigte om en vra vir Miga: Wat is dit met jou dat julle bymekaargeroep is? En hy sê: My gode wat ek gemaak het, het julle weggeneem saam met die priester, en julle trek weg; wat het ek nou oor? En hoe kan julle dan vir my sê: Wat is dit met jou? ... En hulle het vir hulle die gesnede beeld van Miga opgerig wat hy gemaak het, al die dae dat die huis van God in Silo was.
Want die koning van Babel gaan staan waar die paaie uitmekaarloop, by die begin van die twee paaie, om van waarsêery gebruik te maak: hy skud die pyle, raadpleeg die huisgode, bekyk die lewer.