Kruisverwysings → Genesis 31:15

Word ons nie deur hom as vreemdelinge beskou nie? Want hy het ons verkoop en die geld wat deur ons verkry is, geheel en al deurgebring.

verkoop

Genesis 31:41
Twintig jaar was ek nou in u huis; veertien jaar het ek u gedien vir u twee dogters en ses jaar vir u kleinvee; en u het my loon tien maal verander.
Genesis 29:15-20,27-30
Daarop het Laban aan Jakob gevra: Sou jy my verniet dien, omdat jy my broer is? Sê my wat jou loon moet wees. En Laban het twee dogters gehad—die naam van die oudste was Lea, en die naam van die jongste Ragel. En Lea het dowwe oë gehad, maar Ragel was skoon van gestalte en mooi van aansien. En Jakob het Ragel liefgehad, daarom het hy gesê: Ek sal u sewe jaar dien vir Ragel, u jongste dogter. Toe antwoord Laban: Dit is beter dat ek haar aan jou gee as dat ek haar aan ’n ander man gee. Bly by my. So het Jakob dan sewe jaar gedien vir Ragel; en hulle was in sy oë soos ’n paar dae, omdat hy haar liefgehad het. ... Hou die volle bruilofsweek met haar; dan sal ons jou die ander een ook gee vir die diens wat jy nóg sewe jaar by my moet volbring. En Jakob het so gedoen: hy het die volle bruilofsweek met haar gehou. Toe gee hy sy dogter Ragel aan hom as vrou. En Laban het aan sy dogter Ragel sy slavin Bilha gegee as slavin vir haar. En hy het ook by Ragel ingegaan en Ragel ook meer liefgehad as Lea. En hy was by hom nóg sewe jaar in diens.
Genesis 30:26
Gee my vroue en my kinders waarvoor ek u gedien het, dat ek kan gaan; want u weet self hoe ek u gedien het.
Eksodus 21:7-11
En as iemand sy dogter as slavin verkoop, mag sy nie soos die slawe weggaan nie. As sy haar heer nie beval nie wat haar vir homself bestem het, moet hy haar laat loskoop. Hy is nie geregtig om haar aan ’n vreemde volk te verkoop nie, omdat hy troueloos met haar gehandel het. Maar as hy haar vir sy seun bestem, moet hy met haar handel volgens die reg van die dogters; as hy vir hom ’n ander een neem, mag hy haar voedsel, haar klere en haar huweliksgemeenskap nie verminder nie. En as hy hierdie drie dinge nie vir haar doen nie, kan sy verniet weggaan, sonder geld.
Nehemia 5:8
en aan hulle gesê: Óns het ons Joodse broers wat aan die heidene verkoop was, na ons vermoë losgekoop; en tog verkoop júlle jul broers, sodat hulle hul aan ons moet verkoop. En hulle het geswyg en geen antwoord gevind nie.