Kruisverwysings → Genesis 31:14

Toe antwoord Ragel en Lea en sê vir hom: Het ons nog deel of erfenis in die huis van ons vader?

Ragel

Rut 4:11
Toe sê al die mense wat in die poort was, en die oudstes: Ons is getuies; mag die HERE die vrou wat in jou huis inkom, maak soos Ragel en soos Lea wat saam die huis van Israel gebou het; en verwerf mag in Éfrata en maak ’n naam in Betlehem!

deel of erfenis

Genesis 2:24
Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.
Genesis 29:24,29
En Laban het aan haar sy slavin Silpa gegee, naamlik aan sy dogter Lea, as slavin. ... En Laban het aan sy dogter Ragel sy slavin Bilha gegee as slavin vir haar.