en sê vir hulle: Ek sien dat die aangesig van julle vader teenoor my nie meer is soos gister en eergister nie, maar die God van my vader was met my. ... Ek is die God van Bet-el waar jy die gedenksteen gesalf het, waar jy aan My ’n gelofte gedoen het. Maak jou dan nou klaar, trek weg uit hierdie land en gaan terug na jou geboorteland.
En die Engel van die HERE het haar by ’n fontein in die woestyn gevind, by die fontein op pad na Sur, en gevra: Hagar, slavin van Sarai, waar kom jy vandaan, en waar gaan jy heen? En sy antwoord: Ek vlug van my meesteres Sarai af weg. Toe sê die Engel van die HERE vir haar: Gaan terug na jou meesteres en verneder jou onder haar hande. Verder sê die Engel van die HERE vir haar: Ek sal jou nageslag grootliks vermeerder, sodat dit vanweë die menigte nie getel kan word nie. Ook sê die Engel van die HERE vir haar: Kyk, jy is swanger en sal ’n seun baar, en jy moet hom Ismael noem, want die HERE het jou in jou ellende verhoor. En hý sal ’n wilde-esel van ’n mens wees: sy hand teen almal, en almal se hand teen hom! En hy sal teenoor al sy broers woon. Toe noem sy die Naam van die HERE wat met haar gespreek het: U is ’n God wat sien. Want sy het gesê: Het ek hier ook gesien na Hom wat my sien?
DAARNA het die HERE aan hom verskyn by die terpentynbome van Mamre tewyl hy by die ingang van die tent sit op die warmste van die dag. ... Daarop sê die HERE: Sal Ek vir Abraham verberg wat Ek gaan doen,
En hy het Josef geseën en gesê: Die God voor wie se aangesig my vaders Abraham en Isak gewandel het, die God wat my as Herder my lewe lank gelei het tot vandag toe, die Engel wat my uit elke teëspoed verlos het—mag Hy die seuns seën, en mag deur hulle my naam genoem word en die naam van my vaders Abraham en Isak, en mag hulle vermeerder in die land in menigte.
het die HERE na Samuel geroep; en hy het geantwoord: Hier is ek. ... Verder het die HERE Samuel weer geroep, en Samuel het opgestaan en na Eli gegaan en gesê: Hier is ek, want u het my geroep. Maar hy antwoord: Ek het nie geroep nie, my seun, gaan slaap maar weer. ... En die HERE het Samuel weer geroep vir die derde maal; en hy het opgestaan en na Eli gegaan en gesê: Hier is ek, want u het my geroep. Toe merk Eli dat die HERE die seun geroep het. ... En Eli het Samuel geroep en gesê: Samuel, my seun! En hy antwoord: Hier is ek.
Dan sal jy roep, en die HERE sal antwoord; jy sal skreeu om hulp, en Hy sal sê: Hier is Ek! As jy van jou verwyder die verdrukking, die uitsteek van die vinger en die leuenagtige woord,