Kruisverwysings → Genesis 30:8

Toe sê Ragel: Ek het bomenslike worstelinge met my suster geworstel en ook oorwin. En sy het hom Náftali genoem.

worstelinge

Genesis 23:6
Luister na ons, my heer! U is ’n vors van God onder ons. Begraaf u dode in die beste graf wat ons het; niemand van ons sal u sy graf weier om u dode te begrawe nie.
Genesis 32:24
Maar Jakob het alleen agtergebly, en ’n Man het met hom geworstel tot dagbreek.
Eksodus 9:28
Bid tot die HERE, want daar is oorgenoeg donder van God en hael gewees; dan sal ek julle laat trek, en julle hoef nie langer te bly nie.
1 Samuel 14:15
Toe kom daar ’n skrik in die laer, in die veld en onder al die manskappe; die wagpos en die roofkommando, hulle het ook geskrik, ja, die land het gebewe, sodat dit ’n skrik van God geword het.

Náftali

Genesis 35:25
En die seuns van Bilha, die slavin van Ragel: Dan en Náftali.
Genesis 46:24
En die seuns van Náftali: Jágseël en Guni en Jeser en Sillem.
Genesis 49:21
Náftali is soos ’n wildsbok so vry, hy wat mooi woorde laat hoor.
Deuteronómium 33:23
En van Náftali het hy gesê: Náftali, versadig van geluk en vol van die seën van die HERE—neem jy see en suidland in besit!
Genesis 32:24-25
Maar Jakob het alleen agtergebly, en ’n Man het met hom geworstel tot dagbreek. En toe Hy sien dat Hy hom nie kon oorwin nie, slaan Hy hom op sy heupbeen, sodat die heupbeen van Jakob uit lit geraak het in die worsteling met Hom.
Mattheüs 4:13
En Hy het Násaret verlaat en gaan woon in Kapérnaüm aan die see, in die gebied van Sébulon en Náftali,