Kruisverwysings → Genesis 30:6

Toe sê Ragel: God het aan my reg verskaf en my ook verhoor en my ’n seun gegee. Daarom het sy hom Dan genoem.

reg verskaf

Genesis 29:32-35
En Lea het bevrug geword en ’n seun gebaar en hom Ruben genoem; want sy het gesê: Gewis, die HERE het my ellende aangesien, want nou sal my man my liefhê. En sy het weer bevrug geword en ’n seun gebaar en gesê: Gewis, die HERE het gehoor dat ek die nie-geliefde is en my hierdie een ook gegee. En sy het hom Símeon genoem. En sy het weer bevrug geword en ’n seun gebaar en gesê: Nou eindelik sal my man aan my geheg wees, omdat ek vir hom drie seuns gebaar het. Daarom het sy hom Levi genoem. En sy het weer bevrug geword en ’n seun gebaar en gesê: Dié keer sal ek die HERE loof. Daarom het sy hom Juda genoem. En sy het opgehou met baar.
Psalms 35:24
Doen aan my reg na u geregtigheid, HERE my God, en laat hulle oor my nie bly wees nie!
Psalms 43:1
DOEN aan my reg, o God, en verdedig my regsaak teen ’n onbarmhartige volk; red my van die man van bedrog en onreg!
Klaagliedere 3:59
U sien, HERE, my verdrukking; verskaf my tog reg.

Dan

Genesis 35:25
En die seuns van Bilha, die slavin van Ragel: Dan en Náftali.
Genesis 46:23
En die seuns van Dan: Husim.
Genesis 49:16-17
Dan sal aan sý volk reg verskaf net soos enigeen van die stamme van Israel. Laat Dan ’n slang wees op die weg, ’n horingslang op die pad, wat die perd aan die hakskene byt, sodat sy ruiter agteroorval.
Deuteronómium 33:22
En van Dan het hy gesê: Dan is ’n jong leeu wat uit Basan uitspring.
Jeremia 13:2,24
En ek het die gord gekoop volgens die woord van die HERE en dit om my heupe gebind. ... Daarom sal Ek hulle verstrooi soos ’n stoppel wat verbyvlieg voor die wind van die woestyn.
Jeremia 15:14-20
En Ek sal jou jou vyande laat dien in ’n land wat jy nie ken nie; want ’n vuur is aangesteek in my toorn, oor julle sal dit brand. o HERE, U weet dit; dink aan my en besoek my, en wreek my op my vervolgers. Neem my in u lankmoedigheid nie weg nie. Weet dat ek smaad dra om U ontwil. Toe u woorde gevind is, het ek hulle opgeëet, en u woord was vir my vreugde en vrolikheid vir my hart; want u Naam is oor my uitgeroep, HERE, God van die leërskare! Ek het nie gesit in ’n vergadering van spotters of was nie uitgelate nie; vanweë u hand het ek alleen gesit, want U het my met grimmigheid vervul. Waarom is my smart ewigdurend en my wond ongeneeslik? Dit weier om gesond te word. Sou U vir my waarlik wees soos ’n bedrieglike stroom, waters wat nie standhoudend is nie? Daarom, so sê die HERE: As jy terugkeer, sal Ek jou laat terugkeer, sal jy voor my aangesig staan; en as jy voortbring wat edel is, en niks onedels nie, sal jy soos my mond wees. Laat húlle na jou terugkeer, maar jy moet nie na hulle terugkeer nie. En Ek sal jou ’n onneembare kopermuur vir hierdie volk maak; en hulle sal teen jou veg, maar jou nie oorweldig nie; want Ek is met jou om jou te verlos en om jou te red, spreek die HERE.