Kruisverwysings → Genesis 30:39

En die vee het verhit geword by die latte, en die vee het gelam gestreeptes, gestippeldes en bontes.

gelam

Genesis 31:9-12,38,40,42
So het God dan die vee van julle vader weggeneem en aan my gegee. Eenkeer, in die tyd toe die kleinvee verhit was, het ek my oë opgeslaan en in ’n droom gesien dat die bokramme wat die kleinvee dek, gestreep, gestippeld en bont was. En die Engel van God sê vir my in die droom: Jakob! En ek antwoord: Hier is ek! En Hy sê: Slaan tog jou oë op en kyk: al die bokramme wat die kleinvee dek, is gestreep, gestippeld en bont, want Ek het alles gesien wat Laban jou aandoen. ... Twintig jaar was ek nou by u. U skaap- en bokooie het geen misdrag gehad nie, en die ramme van u kleinvee het ek nie geëet nie. ... Ek was ’n man wat bedags deur die hitte verteer is en snags deur die koue, en my slaap het gevlug van my oë. ... As die God van my vader, die God van Abraham en die Vrees van Isak, nie aan my kant was nie—ja, dan sou u my met leë hande weggestuur het. God het my ellende en die moeitevolle arbeid van my hande aangesien en verlede nag geoordeel.
Eksodus 12:35-36
En die kinders van Israel het gehandel volgens die woord van Moses: hulle het van die Egiptenaars silwergoed en goue goed en klere geëis; en die HERE het aan die volk guns verleen in die oë van die Egiptenaars, en dié het hulle versoek ingewillig. So het hulle dan die Egiptenaars berowe.