En my regverdigheid sal later vír my getuig: as u kom om my loon na te gaan, sal alles wat nie gestippel of bont is onder die bokke, en wat nie swart is onder die skaaplammers nie, gesteelde goed by my wees.
Nou dat u al my goed deurgevoel het—wat het u van al u huisraad gevind? Sit dit hier neer voor my broers en u broers, en laat hulle oordeel tussen ons twee.
Die HERE tog vergeld aan elkeen sy regverdigheid en sy getrouheid—die HERE het u vandag in my hand gegee, maar ek wou nie my hand teen die gesalfde van die HERE uitsteek nie.
En as jou seun jou later vra en sê: Wat beteken dit? dan moet jy hom antwoord: Die HERE het ons deur ’n sterke hand uit Egipte, uit die slawehuis, uitgelei.