CrossReferences.org

Kruisverwysings Genesis 30:29

Toe antwoord hy hom: U weet self hoe ek u gedien het en wat u vee by my geword het.

Druk op ’n gekleurde frase om na sy verwysings te spring.

Lees Genesis 30:29 in konteks →

hoe ek u gedien het

  1. Genesis 30:5

    5En Bilha het swanger geword en vir Jakob ’n seun gebaar.

  2. Genesis 31:6,38-40

    6En julle weet self dat ek met al my krag julle vader gedien het; … 38Twintig jaar was ek nou by u. U skaap- en bokooie het geen misdrag gehad nie, en die ramme van u kleinvee het ek nie geëet nie. 39Wat die wilde diere verskeur het, het ek nie na u gebring nie: ek moes dit vergoed; van my hand het u dit geëis, of dit al bedags gesteel is of snags gesteel is. 40Ek was ’n man wat bedags deur die hitte verteer is en snags deur die koue, en my slaap het gevlug van my oë.

  3. Mattheüs 24:45

    45WIE is dan die getroue en verstandige dienskneg vir wie sy heer oor sy diensvolk aangestel het om hulle hul voedsel op tyd te gee?

  4. Efésiërs 6:5-8

    5Diensknegte, wees gehoorsaam aan julle here na die vlees, met vrees en bewing, in opregtheid van julle hart, soos aan Christus; 6nie met oëdiens soos mensebehaers nie, maar soos diensknegte van Christus wat die wil van God van harte doen 7en met goedwilligheid die Here dien en nie mense nie, 8omdat julle weet dat elkeen vir die goeie wat hy doen, loon van die Here sal ontvang, of hy ’n slaaf is of ’n vryman.

  5. Kolossense 3:22-25

    22Diensknegte, julle moet jul here na die vlees in alles gehoorsaam wees, nie met oëdiens soos mensebehaers nie, maar in eenvoudigheid van hart, omdat julle God vrees. 23En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, 24omdat julle weet dat julle van die Here die erfenis as vergelding sal ontvang, want julle dien die Here Christus. 25Maar wie onreg doen, sal die onreg wat hy gedoen het, terug ontvang; en daar is geen aanneming van die persoon nie.

  6. Titus 2:9-10

    9Die diensknegte moet onderdanig wees aan hul eie here, hulle in alles behaag en nie teëpraat nie; 10hulle moet niks ontvreemd nie, maar alle goeie trou betoon, sodat hulle die leer van God, ons Verlosser, in alles kan versier.

  7. 1 Petrus 2:15,18

    15Want so is dit die wil van God dat julle deur goed te doen die onkunde van die dwase mense tot swye sal bring, … 18DIENSKNEGTE, wees julle here onderdanig met alle vrees, nie alleen aan die wat goed en vriendelik is nie, maar ook aan die wat verkeerd is.