Kruisverwysings → Genesis 30:23

sy het bevrug geword en ’n seun gebaar. Toe sê sy: God het my smaad weggeneem.

smaad weggeneem

Genesis 29:31
En toe die HERE sien dat Lea die nie-geliefde was, het Hy haar skoot geopen; maar Ragel was onvrugbaar.
1 Samuel 1:5-6
maar aan Hanna het hy ’n dubbele deel gegee; want hy het Hanna liefgehad; maar die HERE het haar moederskoot toegesluit. En haar mededingster het haar ook bitterlik geterg om haar te vertoorn, omdat die HERE haar moederskoot toegesluit het.
Jesaja 4:1
EN in dié dag sal sewe vroue een man aangryp en sê: Ons eie brood sal ons eet en ons eie kleed aantrek; laat net jou naam oor ons genoem word, neem ons smaadheid weg.
Lukas 1:21,25,27
En die volk het op Sagaría bly wag en was verwonderd dat hy so lank in die tempel vertoef. ... So het die Here met my gedoen in die dae toe Hy my aangesien het om my smaad onder die mense weg te neem. ... na ’n maagd wat verloof was aan ’n man met die naam van Josef, uit die huis van Dawid; en die naam van die maagd was Maria.