Kruisverwysings → Genesis 30:22

En God het aan Ragel gedink, en God het haar verhoor en haar skoot geopen:

aan Ragel gedink

Genesis 8:1
EN God het gedink aan Noag en aan al die wilde diere en al die vee wat saam met hom in die ark was; en God het ’n wind oor die aarde laat waai, sodat die waters gesak het.
Genesis 21:1
EN die HERE het Sara besoek soos Hy beloof het; en die HERE het aan Sara gedoen soos Hy gespreek het:
Genesis 29:31
En toe die HERE sien dat Lea die nie-geliefde was, het Hy haar skoot geopen; maar Ragel was onvrugbaar.
1 Samuel 1:19-20
Toe het hulle die môre vroeg klaargemaak en voor die aangesig van die HERE aanbid en teruggegaan en by hulle huis in Rama gekom; en Élkana het sy vrou Hanna beken, en die HERE het aan haar gedink. En by die wisseling van die jaar het Hanna, wat swanger was, ’n seun gebaar en hom Samuel genoem; want, het sy gesê, ek het hom van die HERE gebid.
Psalms 105:42
Want Hy het gedink aan sy heilige woord, aan Abraham, sy kneg.

skoot geopen

Genesis 30:2
Toe het Jakob kwaad geword vir Ragel en gevra: Is ek dan in die plek van God wat die vrug van die skoot aan jou onthou het?
Genesis 21:1-2
EN die HERE het Sara besoek soos Hy beloof het; en die HERE het aan Sara gedoen soos Hy gespreek het: Sara het bevrug geword en vir Abraham in sy ouderdom ’n seun gebaar op die bepaalde tyd wat God genoem het.
Genesis 25:21
En Isak het die HERE gesmeek met die oog op sy vrou, want sy was onvrugbaar; en die HERE het hom verhoor, sodat sy vrou Rebekka swanger geword het.
Genesis 29:31
En toe die HERE sien dat Lea die nie-geliefde was, het Hy haar skoot geopen; maar Ragel was onvrugbaar.
Psalms 113:9
Wat die onvrugbare van die huis laat woon—’n blye moeder van kinders. Halleluja!
Psalms 127:3
Kyk, seuns is ’n erfdeel van die HERE; die vrug van die moederskoot is ’n beloning.