Maar sy antwoord haar: Is dit nie genoeg dat jy my man geneem het nie, dat jy ook my seun se liefdesappels wil neem? En Ragel sê: Daarom mag hy vir jou seun se liefdesappels vannag by jou slaap.
En sy het weer bevrug geword en ’n seun gebaar en gesê: Nou eindelik sal my man aan my geheg wees, omdat ek vir hom drie seuns gebaar het. Daarom het sy hom Levi genoem.
Uit Efraim, die wat hulle wortel in Ámalek het; Benjamin, agter jou aan onder jou manskappe; uit Magir trek die aanvoerders af, en uit Sébulon die wat met die werwerstaf uittrek;