Kruisverwysings → Genesis 30:18

Toe sê Lea: God het my loon gegee, omdat ek my slavin aan my man gegee het. En sy het hom Íssaskar genoem.

Íssaskar genoem

Genesis 35:23
Die seuns van Lea was: Ruben, die eersgeborene van Jakob, daarna Símeon en Levi en Juda en Íssaskar en Sébulon.
Genesis 46:13
En die seuns van Íssaskar: Tola en Puwa en Job en Simron.
Genesis 49:14-15
Íssaskar is ’n sterkgebeende esel wat tussen die veekrale lê. Toe hy sien dat die rus goed en die land lieflik is, het hy sy skouer gebuig om te dra, en hy moes dwangarbeid verrig.
Deuteronómium 33:18
En van Sébulon het hy gesê: Verheug jou, Sébulon, oor jou togte, en Íssaskar, oor jou tente.
1 Kronieke 12:32
en van die seuns van Íssaskar, met kundige insig wat die tye betref, om te weet wat Israel moes doen; hulle hoofde was tweehonderd, en al hulle broers onder hulle bevel;