Kruisverwysings → Genesis 30:17

En God het Lea verhoor: sy het bevrug geword en vir Jakob ’n vyfde seun gebaar.

God het Lea verhoor

Genesis 30:6,22
Toe sê Ragel: God het aan my reg verskaf en my ook verhoor en my ’n seun gegee. Daarom het sy hom Dan genoem. ... En God het aan Ragel gedink, en God het haar verhoor en haar skoot geopen:
Eksodus 3:7
En die HERE sê: Ek het duidelik gesien die ellende van my volk wat in Egipte is; en Ek het hulle jammerklagte oor hulle drywers gehoor, ja, Ek ken hulle smarte.
1 Samuel 1:20,26-27
En by die wisseling van die jaar het Hanna, wat swanger was, ’n seun gebaar en hom Samuel genoem; want, het sy gesê, ek het hom van die HERE gebid. ... en sy het gesê: Ag, my heer, so waar as u siel leef, my heer, ek is die vrou wat hier by u gestaan het om tot die HERE te bid. Om hierdie seun het ek gebid, en die HERE het my bede aan my gegee wat ek van Hom gebid het.
Lukas 1:13
Maar die engel sê vir hom: Moenie vrees nie, Sagaría, want jou gebed is verhoor, en jou vrou Elisabet sal vir jou ’n seun baar, en jy moet hom Johannes noem.