Kruisverwysings → Genesis 30:15

Maar sy antwoord haar: Is dit nie genoeg dat jy my man geneem het nie, dat jy ook my seun se liefdesappels wil neem? En Ragel sê: Daarom mag hy vir jou seun se liefdesappels vannag by jou slaap.

Is dit nie genoeg dat jy my man geneem het nie

Númeri 16:9-10,13
Is dit julle nie genoeg dat die God van Israel julle uit die vergadering van Israel afgeskei het om julle na Hom te laat nader kom, om die dienswerk van die HERE se tabernakel te verrig en te staan voor die vergadering om hulle te dien nie, en Hy jou laat nader kom het en al jou broers, die kinders van Levi, saam met jou—dat julle nou ook die priesteramp begeer? ... Is dit nie genoeg dat jy ons uit ’n land wat oorloop van melk en heuning laat optrek het om ons in die woestyn om te bring, dat jy ook gedurig oor ons die baas wil speel nie?
Jesaja 7:13
Toe sê hy: Luister tog, o huis van Dawid! Is dit vir julle nie genoeg om mense te vermoei, dat julle my God ook vermoei nie?
Esegiël 16:47
Maar jy het nie gewandel in hulle weë en nie gehandel volgens hulle gruwels nie; net ’n kort rukkie—en jy het verderfliker gehandel as hulle in al jou weë.
1 Korinthiërs 4:3
Maar vir my beteken dit baie min of ek deur julle of deur ’n menslike regbank beoordeel word; ja, ek beoordeel myself nie eens nie,