Kruisverwysings → Genesis 30:13

Toe sê Lea: Ek, gelukkige! want die dogters sal my gelukkig prys. En sy het hom Aser genoem.

gelukkig prys

Spreuke 31:28
Kof. Haar seuns tree op en noem haar gelukkig, haar man ook, en hy prys haar:
Hooglied 6:9
Een, dié is my duif, my volmaakte, die enigste vir haar moeder; sy is die uitverkorene vir die een wat haar gebaar het. Die dogters het haar gesien en haar gelukkig geprys, die koninginne en die byvroue, en haar geroem:
Lukas 1:48
omdat Hy die nederige toestand van sy diensmaagd aangesien het; want kyk, van nou af sal al die geslagte my salig noem.

Aser genoem

Genesis 35:26
En die seuns van Silpa, die slavin van Lea: Gad en Aser. Dit is die seuns van Jakob wat vir hom in Paddan-Aram gebore is.
Genesis 46:17
En die seuns van Aser: Jimna en Jiswa en Jiswi en Bería en Serag, hulle suster; en die seuns van Bería: Heber en Málkiël.
Genesis 49:20
Aser, sy spys is vet, en hý lewer koninklike lekkernye.
Deuteronómium 33:24-25
En van Aser het hy gesê: Geseënd is Aser bo die seuns; laat hy die liefling van sy broers wees, en een wat sy voet in olie insteek. Mag jou grendel yster en koper wees, en jou sterkte soos jou dae.