En van Gad het hy gesê: Geseënd is Hy wat vir Gad ruimte maak; hy gaan lê soos ’n leeuin en verskeur die arm, ja, die hoofskedel. En hy het vir hom ’n eerstelingsaandeel uitgekies, want daar was die deel van ’n veldheer bewaar; en hy het gekom na die hoofde van die volk, hy het die geregtigheid van die HERE uitgevoer en sy verordeninge met Israel.
Maar julle wat die HERE verlaat, wat my heilige berg vergeet, wat ’n tafel dek vir die geluksgod en die mengsel inskink vir die godin van die noodlot —