Kruisverwysings → Genesis 3:7

Toe gaan altwee se oë oop, en hulle word gewaar dat hulle naak is; en hulle het vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle skorte gemaak.

altwee se oë oop

Genesis 3:5
maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken.
Deuteronómium 28:34
En jy sal kranksinnig wees vanweë die gesig van jou oë wat jy sal sien.
2 Konings 6:20
En by hulle aankoms in Samaría, sê Elísa: HERE, open hulle oë, dat hulle kan sien. En die HERE het hulle oë geopen, dat hulle kon sien, en daar was hulle binne-in Samaría!
Lukas 16:23
En toe hy in die doderyk sy oë ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem.

gewaar dat hulle naak is

Genesis 3:10-11
En hy antwoord: Ek het u geruis gehoor in die tuin en gevrees, want ek is naak; daarom het ek my verberg. En Hy sê: Wie het jou te kenne gegee dat jy naak is? Het jy geëet van die boom waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie?
Genesis 2:25
En hulle was altwee naak, die mens en sy vrou, maar hulle het hul nie geskaam nie.

hulle het vyeblare aanmekaargewerk

Job 9:29-31
Ek sal tog skuldig wees—waarom sal ek my dan tevergeefs afmat? Al was ek my met sneeu en reinig ek my hande met loog, dan sou U my in ’n poel indompel, sodat my klere van my ’n afsku kry.
Jesaja 28:20
Want die bed sal te kort wees dat iemand hom daarop kan uitrek, en die kombers te smal dat iemand hom daarin kan toedraai.
Jesaja 59:6
Hulle weefsels deug nie vir klere nie, en met hulle voortbrengsels kan niemand hom toemaak nie; hulle werke is onheilswerke, en die daad van geweld is in hulle hande.