die grond te bewerk
- Genesis 3:19
19In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.
- Genesis 2:5
5was daar nog geen struike in die veld op die aarde nie, en geen plante van die veld het nog uitgespruit nie; want die HERE God het nog nie laat reën op die aarde nie, en daar was geen mens om die grond te bewerk nie.
- Genesis 4:2,12
2Daarna het sy ook sy broer Abel gebaar. En Abel het ’n skaapherder geword, en Kain ’n landbouer. … 12As jy die grond bewerk, sal dit sy vermoë aan jou nie meer gee nie; ’n swerwer en vlugteling sal jy wees op die aarde.
- Genesis 9:20
20En Noag het as landbouer ’n wingerd begin plant.
- Prediker 5:8
8Maar ’n voordeel vir ’n land onder alles is dit: ’n koning wat aan die landbou diensbaar word.