Toe sê die HERE God aan die slang: Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die vee en al die diere van die veld. Op jou buik moet jy seil, en stof moet jy eet al die dae van jou lewe.
MAAR die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?
En as ’n bees ’n man of ’n vrou stoot, sodat hy sterwe, moet die bees sekerlik gestenig word; en sy vleis mag nie geëet word nie, maar die baas van die bees sal ongestraf bly. Maar as die bees tevore al stoterig gewees het en sy baas gewaarsku was, maar dit nie opgepas het nie, en dit ’n man of ’n vrou doodmaak, moet die bees gestenig word, en sy baas moet ook gedood word. As aan hom losgeld opgelê word, moet hy vir die lossing van sy lewe alles gee wat hom opgelê word. Of dit ’n seun gestoot het of ’n dogter, volgens hierdie reg moet met hom gehandel word. As die bees ’n slaaf of slavin stoot, moet hy aan hulle heer dertig sikkels silwer gee, en die bees moet gestenig word.
Daarom moet julle ’n onderskeid maak tussen die rein en onrein diere, en tussen die onrein en rein voëls; en maak julleself nie ’n gruwel deur diere of deur voëls of deur enigiets wat op die aarde roer nie—wat Ek vir julle afgesonder het deur dit onrein te verklaar.
Dan sal jy diep uit die grond spreek, en op dowwe toon sal jou woord uit die stof voortkom; en jou stem sal uit die grond opkom soos dié van die gees van ’n afgestorwene, en uit die stof sal jou woord piep.
Die wolf en die lam sal saam wei, en die leeu sal strooi eet soos ’n bees, en stof sal die voedsel van die slang wees; hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie, sê die HERE.
Hulle sal stof lek soos die slang, hulle sal soos grondkruipers bewende uit hulle vestings te voorskyn kom, hulle sal sidderende kom na die HERE onse God, en hulle sal vir U vrees.