CrossReferences.org

Kruisverwysings Genesis 29:32

En Lea het bevrug geword en ’n seun gebaar en hom Ruben genoem; want sy het gesê: Gewis, die HERE het my ellende aangesien, want nou sal my man my liefhê.

Druk op ’n gekleurde frase om na sy verwysings te spring.

Lees Genesis 29:32 in konteks →

aangesien

  1. Eksodus 3:7

    7En die HERE sê: Ek het duidelik gesien die ellende van my volk wat in Egipte is; en Ek het hulle jammerklagte oor hulle drywers gehoor, ja, Ek ken hulle smarte.

  2. Eksodus 4:31

    31En die volk het geglo. En toe hulle hoor dat die HERE op die kinders van Israel ag gegee en hulle ellende aangesien het, het hulle in aanbidding neergebuig.

  3. Deuteronómium 26:7

    7Toe het ons die HERE, die God van ons vaders, aangeroep; en die HERE het ons stem gehoor en ons ellende en ons moeite en ons verdrukking aangesien;

  4. 1 Samuel 1:11,20

    11en sy het ’n gelofte gedoen en gesê: HERE van die leërskare, as U waarlik die ellende van u diensmaagd aansien en aan my dink en u diensmaagd nie vergeet nie, maar u diensmaagd ’n manlike kind skenk, dan sal ek hom aan die HERE gee al die dae van sy lewe; en geen skeermes sal op sy hoof kom nie. … 20En by die wisseling van die jaar het Hanna, wat swanger was, ’n seun gebaar en hom Samuel genoem; want, het sy gesê, ek het hom van die HERE gebid.

  5. 2 Samuel 16:12

    12Miskien sal die HERE my ellende aansien en sal die HERE my goed vergelde vir die vloek wat my vandag tref.

  6. Psalms 25:18

    18Resj. Aanskou my ellende en my moeite, en vergeef al my sondes.

  7. Psalms 106:44

    44Nogtans het Hy hulle benoudheid aangesien toe Hy hulle smeking gehoor het;

  8. Lukas 1:25

    25So het die Here met my gedoen in die dae toe Hy my aangesien het om my smaad onder die mense weg te neem.