Kruisverwysings → Genesis 29:18

En Jakob het Ragel liefgehad, daarom het hy gesê: Ek sal u sewe jaar dien vir Ragel, u jongste dogter.

dien

Genesis 31:41
Twintig jaar was ek nou in u huis; veertien jaar het ek u gedien vir u twee dogters en ses jaar vir u kleinvee; en u het my loon tien maal verander.
Genesis 34:12
Vra my ’n baie groot koopprys en geskenk, en ek sal dit gee soos julle aan my sê; gee my net die dogter as vrou.
Eksodus 22:16-17
As iemand ’n jongmeisie wat nie verloof is nie, verlei en met haar gemeenskap het, moet hy haar vir die volle huweliksprys as sy vrou koop. As haar vader beslis weier om haar aan hom te gee, moet hy geld gee volgens die huweliksprys vir jongmeisies.
2 Samuel 3:14
Dawid het ook boodskappers gestuur na Isbóset, die seun van Saul, om te sê: Gee my vrou Migal met wie ek my verloof het vir honderd voorhuide van die Filistyne.
Hoséa 3:2
Toe het ek haar vir my gekoop vir vyftien sikkels silwer en anderhalf homer gars.
Hoséa 12:13
En Jakob het gevlug na die veld van Aram, en Israel was diensbaar vir ’n vrou as loon, en vir ’n vrou het hy vee opgepas.