Kruisverwysings → Genesis 29:13

Toe Laban die tyding hoor van Jakob, die seun van sy suster, loop hy hom tegemoet en omhels hom en soen hom en bring hom in sy huis. En hy het aan Laban al hierdie dinge vertel.

soen hom

Genesis 45:15
En hy het al sy broers gesoen en aan hulle hals geween; en daarna het sy broers met hom gespreek.
Eksodus 4:27
Die HERE het ook aan Aäron gesê: Loop Moses tegemoet in die woestyn. En hy het geloop en hom by die berg van God aangetref en hom gesoen.
Eksodus 18:7
Daarop gaan Moses uit, sy skoonvader tegemoet, en hy het gebuig en hom gesoen; en hulle het na mekaar se welstand gevra en in die tent ingegaan.
2 Samuel 19:39
Toe trek die hele volk die Jordaan oor. En nadat die koning ook oorgetrek het, soen die koning Barsíllai en groet hom; en hy het na sy woonplek teruggegaan.
Lukas 7:45
’n Soen het jy My nie gegee nie; maar sy het, vandat sy ingekom het, nie opgehou om my voete te soen nie.
Handelinge 20:37
En daar het ’n groot geween ontstaan van almal, en hulle het Paulus om die hals geval en hom gesoen,
Romeine 16:16
Groet mekaar met ’n heilige kus. Die gemeentes van Christus groet julle.

al hierdie dinge

Kolossense 4:5
Wandel in wysheid teenoor die wat buite is, en koop die tyd uit.