Kruisverwysings → Genesis 28:7

en dat Jakob na sy vader en sy moeder geluister het om na Paddan-Aram te gaan;

Jakob na sy vader en sy moeder geluister

Genesis 27:43
My seun, luister dan nou na my: maak jou klaar, vlug tog na Haran, na my broer Laban,
Eksodus 20:12
Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee.
Levitikus 19:3
Elkeen moet sy moeder en sy vader vrees, en my sabbatte hou. Ek is die HERE julle God.
Spreuke 1:8
My seun, luister na die tug van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie;
Spreuke 30:17
’n Oog wat met die vader spot en die gehoorsaamheid vir die moeder verag—die kraaie van die dal sal dit uitpik, en die kuikens van die arend sal dit opeet.
Efésiërs 6:1,3
KINDERS, julle moet jul ouers gehoorsaam wees in die Here, want dit is reg. ... sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.
Kolossense 3:20
Kinders, julle moet jul ouers in alles gehoorsaam wees, want dit is die Here welbehaaglik.