CrossReferences.org

Kruisverwysings Genesis 28:3

En mag God, die Almagtige, jou seën en jou vrugbaar maak en jou vermeerder, sodat jy ’n menigte van volke kan word.

Druk op ’n gekleurde frase om na sy verwysings te spring.

Lees Genesis 28:3 in konteks →

God, die Almagtige

  1. Genesis 17:1-6

    1TOE Abram negen-en-negentig jaar oud was, het die HERE aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is God, die Almagtige; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees. 2En Ek wil my verbond sluit tussen My en jou, en jou buitengewoon vermeerder. 3Toe val Abram op sy aangesig, en God het met hom gespreek en gesê: 4Wat My aangaan, kyk, my verbond is met jou, en jy sal die vader van ’n menigte van nasies word. 5Daarom sal hulle jou nie meer Abram noem nie, maar jou naam sal wees Abraham, want Ek maak jou ’n vader van ’n menigte van nasies. 6En Ek sal jou buitengewoon vrugbaar maak: Ek sal jou tot nasies maak, en konings sal uit jou voortkom.

  2. Genesis 22:17-18

    17dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem. 18En in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word, omdat jy na my stem geluister het.

  3. Genesis 35:11

    11Verder sê God vir hom: Ek is God, die Almagtige. Wees vrugbaar en vermeerder. ’n Nasie, ja, ’n menigte van nasies, sal van jou afstam, en konings sal uit jou lendene voortkom.

  4. Genesis 43:14

    14En mag God, die Almagtige, julle barmhartigheid verleen by die man, sodat hy julle ander broer en Benjamin saam met julle kan laat trek! En ek—as ek van kinders beroof is, dan is ek beroof.

  5. Genesis 48:3

    3En Jakob het vir Josef gesê: God, die Almagtige, het aan my verskyn by Lus, in die land Kanaän, en my geseën

  6. Eksodus 6:2

    2En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as God, die Almagtige, maar met my Naam HERE het Ek My nie aan hulle bekend gemaak nie.

  7. Psalms 127:1

    1’N BEDEVAARTSLIED. Van Salomo. As die HERE die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou; as die HERE die stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter.

  8. 2 Korinthiërs 6:18

    18en Ek sal vir julle ’n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige.

  9. Openbaring 21:22

    22En ’n tempel het ek nie daarin gesien nie, want die Here God, die Almagtige, is sy tempel, en die Lam.

vrugbaar maak en jou vermeerder

  1. Genesis 1:28

    28En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.

  2. Genesis 9:1

    1EN God het Noag en sy seuns geseën en aan hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde.

  3. Genesis 13:16

    16En Ek sal jou nageslag maak soos die stof van die aarde, sodat as iemand die stof van die aarde kan tel, jou nageslag ook getel kan word.

  4. Genesis 24:60

    60En hulle het Rebekka geseën en aan haar gesê: Ons suster, mag jy duisende van tienduisende word, en mag jou nageslag die poort van sy vyande in besit neem!

  5. Genesis 41:52

    52En die tweede het hy Efraim genoem; want, het hy gesê, God het my vrugbaar gemaak in die land van my ellende.

  6. Psalms 127:3-5

    3Kyk, seuns is ’n erfdeel van die HERE; die vrug van die moederskoot is ’n beloning. 4Soos pyle in die hand van ’n held, so is die seuns van die jeug. 5Gelukkig is die man wat sy pylkoker daarmee gevul het! Hulle sal nie beskaamd staan as hulle met die vyande in die poort spreek nie.

  7. Psalms 128:1-6

    1’N BEDEVAARTSLIED. Welgeluksalig is elkeen wat die HERE vrees, wat in sy weë wandel! 2Die opbrings van jou hande sal jy sekerlik eet; gelukkig is jy, en dit gaan met jou goed! 3Jou vrou is soos ’n vrugbare wingerdstok binne-in jou huis; jou kinders soos olyfboompies rondom jou tafel. 4Kyk, so sal sekerlik geseën word die man wat die HERE vrees. 5Mag die HERE jou seën uit Sion, dat jy die voorspoed van Jerusalem mag aanskou al die dae van jou lewe! 6En dat jy jou kindskinders mag aanskou! Vrede oor Israel!