Kruisverwysings → Genesis 28:21

en ek behoue na die huis van my vader sal terugkom, dan sal die HERE my God wees.

terugkom

Rigters 11:31
dan sal wat uitkom, wat uit die deure van my huis uitkom my tegemoet, as ek in vrede terugkom van die kinders van Ammon, aan die HERE behoort, en ek sal dit as ’n brandoffer bring.
2 Samuel 19:24,30
Mefibóset, die kleinseun van Saul, het ook afgekom die koning tegemoet, en hy het sy voete nie skoongemaak en sy baard nie geskeer en sy klere nie gewas van die dag af dat die koning weggegaan het tot op die dag dat hy behoue teruggekom het nie; ... En Mefibóset het die koning geantwoord: Hy kan ook alles neem nadat my heer die koning behoue in sy huis gekom het.

dan

Eksodus 15:2
Die HERE is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword. Hy is my God, Hom sal ek roem; die God van my vader, Hom sal ek verhef.
Deuteronómium 26:17
Vandag het jy die HERE laat verklaar dat Hy vir jou ’n God sal wees, en dat jy in sy weë moet wandel en sy insettinge en sy gebooie en sy verordeninge moet hou en na sy stem moet luister.
2 Samuel 15:8
want u dienaar het ’n gelofte gedoen toe ek in Gesur in Aram gewoon het, en gesê: As die HERE my werklik in Jerusalem terugbring, sal ek die HERE dien.
2 Konings 5:17
En Naäman het gesê: So nie, laat dan tog aan u dienaar ’n vrag grond gegee word, soveel as ’n paar muile kan dra; want u dienaar sal nie meer brandoffer of slagoffer aan ander gode bring nie as net aan die HERE.