Kruisverwysings → Genesis 28:20

En Jakob het ’n gelofte gedoen en gesê: As God met my sal wees om my te bewaar op hierdie weg wat ek gaan, en aan my brood sal gee om te eet en klere om aan te trek,

gelofte

Genesis 31:13
Ek is die God van Bet-el waar jy die gedenksteen gesalf het, waar jy aan My ’n gelofte gedoen het. Maak jou dan nou klaar, trek weg uit hierdie land en gaan terug na jou geboorteland.
Levitikus 27:1-34
VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê: Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As iemand ’n besondere gelofte aflê—mense aan die HERE toewy volgens jou skatting, dan moet jou skatting vir ’n manspersoon van twintig tot sestig jaar, dan moet jou skatting vyftig sikkels silwer wees, volgens die sikkel van die heiligdom. Maar is dit ’n vrou, dan moet jou skatting dertig sikkels wees. En is dit iemand van vyf tot twintig jaar, dan moet jou skatting vir ’n manspersoon twintig sikkels wees en vir ’n vroulike tien sikkels. Maar is dit iemand van ’n maand oud tot vyf jaar, dan moet jou skatting vir die manlike geslag vyf sikkels silwer wees en jou skatting vir die vroulike drie sikkels silwer. En is dit iemand van sestig jaar oud en daarbo—is dit ’n manspersoon, dan moet jou skatting vyftien sikkels wees en vir ’n vrou tien sikkels. Maar as hy te arm is vir die geskatte bedrag, moet hy voor die priester gestel word, sodat die priester hom kan skat; volgens wat hy kan bekostig wat die gelofte gedoen het, moet die priester hom skat. En as dit vee is waarvan hulle aan die HERE ’n offer kan bring, moet alles wat hy daarvan aan die HERE gee, heilig wees. Hy mag dit nie omwissel of omruil nie—’n goeie vir ’n slegte of ’n slegte vir ’n goeie nie; maar as hy tog ’n dier vir ’n ander een omruil, moet dit en die geruilde heilig wees. En as dit enige onrein stuk vee is waarvan hulle aan die HERE geen offer mag bring nie, moet hy die dier voor die priester stel, en die priester moet dit skat of dit goed of sleg is; na jou skatting, priester, so sal dit wees. Maar as hy dit wil los, moet hy die vyfde deel daarvan bo jou skatting byvoeg. En as iemand sy huis as heilige gawe aan die HERE toewy, moet die priester dit skat of dit goed of sleg is; soos die priester dit skat, so moet dit bly. En as hy wat dit geheilig het, sy huis wil los, moet hy die vyfde deel van die geld van jou skatting daar byvoeg; dan sal dit syne wees. En as iemand ’n stuk land van sy besitting aan die HERE heilig, moet jou skatting wees volgens die saad wat gesaai word: ’n homer garssaad op vyftig sikkels silwer. As hy sy stuk land van die jubeljaar af heilig—volgens jou skatting, so moet dit bly. Maar as hy sy stuk land ná die jubeljaar heilig, moet die priester vir hom die geld bereken na die jare wat tot die volgende jubeljaar oor is; en dit moet van jou skatting afgetrek word. En as hy wat die stuk land geheilig het, dit beslis wil los, moet hy die vyfde deel van die geld van jou skatting daar byvoeg; en dit sal syne bly. En as hy die stuk land nie los nie, of as hy die stuk land aan ’n ander verkoop, mag dit nie meer gelos word nie; maar die stuk land moet, as dit in die jubeljaar vry word, aan die HERE heilig wees soos ’n stuk land onder die ban; die besit daarvan kom aan die priester toe. En as hy aan die HERE ’n stuk land heilig wat hy gekoop het, wat nie van die land van sy besitting is nie, moet die priester vir hom die bedrag van die skatting tot die jubeljaar bereken; en hy moet op dieselfde dag die skatting gee as ’n heilige gawe aan die HERE. In die jubeljaar moet die stuk land terugkom aan hom van wie hy dit gekoop het, aan hom wat in besit was van die stuk land. En alles wat jy skat, moet volgens die sikkel van die heiligdom wees; die sikkel moet twintig gera wees. Maar die eersgeborene van ’n dier wat as eersgeborene aan die HERE behoort, dit mag niemand heilig nie; of dit ’n bees is of ’n stuk kleinvee—dit behoort aan die HERE. Maar is dit van ’n onrein dier, dan moet hy dit na jou skatting loskoop en die vyfde deel daarvan byvoeg; en as dit nie gelos word nie, moet dit na jou skatting verkoop word. Maar niks van die bangoed wat iemand aan die HERE wy, van alles wat aan hom behoort—mense of vee of grond wat in sy besit is—mag verkoop of gelos word nie. Al die bangoed moet aan die HERE hoogheilig wees. Elkeen wat onder die ban is, wat onder die mense met die ban getref is, mag nie losgekoop word nie; hy moet sekerlik gedood word. Ook al die tiendes van die land, van die graan van die land, van die vrugte van die bome, behoort aan die HERE; dit is heilig aan die HERE. Maar as iemand van sy tiende iets wil los, moet hy die vyfde deel daarvan byvoeg. Wat betref al die tiendes van beeste en kleinvee—alles wat onder die herderstaf deurgaan—die tiende moet aan die HERE heilig wees. Hulle mag nie ondersoek of dit goed of sleg is nie, en dit nie omruil nie; maar as hulle dit tog omruil, moet dit en die geruilde heilig wees; dit mag nie gelos word nie. Dit is die gebooie wat die HERE Moses by die berg Sinai vir die kinders van Israel beveel het.
Númeri 6:1-20
EN die HERE het met Moses gespreek en gesê: Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As ’n man of ’n vrou ’n besondere gelofte aflê, die gelofte van ’n nasireër, om hom aan die HERE te wy, moet hy hom van wyn en sterk drank onthou; wynasyn en asyn van sterk drank mag hy nie drink nie, ja, geen druiwesap mag hy drink nie en geen vars of gedroogde druiwe eet nie. Al die dae van sy nasireërskap mag hy niks eet van alles wat van die wynstok gemaak is nie, selfs nie van die pitte en doppe nie. Al die dae van die gelofte van sy nasireërskap mag geen skeermes oor sy hoof gaan nie. Totdat die dae om is dat hy hom aan die HERE toewy, moet hy heilig wees—hy moet die hare van sy hoof vry laat groei. Al die dae dat hy hom aan die HERE gewy het, mag hy nie by ’n dooie kom nie. Aan sy vader of sy moeder, aan sy broer of sy suster—aan hulle mag hy hom nie verontreinig as hulle dood is nie; want die wyding van sy God is op sy hoof. Al die dae van sy nasireërskap is hy heilig aan die HERE. En as heeltemal onverwags iemand by hom sterwe, sodat hy sy gewyde hoof verontreinig, moet hy op die dag van sy reiniging sy hoof skeer; op die sewende dag moet hy dit skeer. En op die agtste dag moet hy twee tortelduiwe of twee jong duiwe na die priester, na die ingang van die tent van samekoms, bring. En die priester moet een as sondoffer en een as brandoffer berei en vir hom versoening doen vir wat hy uit oorsaak van die dooie gesondig het; so moet hy dan sy hoof op dieselfde dag heilig. Daarna moet hy die dae van sy nasireërskap aan die HERE wy en ’n jaaroud lam as skuldoffer bring; en die vorige dae moet wegval, omdat sy nasireërskap verontreinig is. En dit is die wet vir die nasireër: Op die dag as die dae van sy nasireërskap om is, moet hulle hom na die ingang van die tent van samekoms bring; en hy moet sy offer aan die HERE bring: een jaaroud lam sonder gebrek as brandoffer en een jaaroud ooilam sonder gebrek as sondoffer en een ram sonder gebrek as dankoffer en ’n mandjie ongesuurde koeke van fynmeel, koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoeke met olie bestryk, en die spysoffer en die drankoffers wat daarby behoort. En die priester moet dit voor die aangesig van die HERE bring en die sondoffer en brandoffer vir hom berei. Hy moet ook die lam as dankoffer aan die HERE gereedmaak saam met die mandjie ongesuurde koeke; en die priester moet die spysoffer en drankoffer vir hom berei. Dan moet die nasireër by die ingang van die tent van samekoms sy gewyde hoof skeer en die hare van sy gewyde hoof neem en dit op die vuur gooi wat onder die dankoffer is. Verder moet die priester die gekookte blad van die ram afneem en een ongesuurde koek uit die mandjie en een ongesuurde platkoek; en hy moet hulle op die hande van die nasireër sit nadat dié sy gewyde hare afgeskeer het. En die priester moet dit beweeg as beweegoffer voor die aangesig van die HERE. Dit is iets heiligs vir die priester saam met die bors van die beweegoffer en die boud van die hefoffer. En daarna mag die nasireër wyn drink.
Númeri 21:2-3
Daarop het Israel aan die HERE ’n gelofte gedoen en gesê: As U hierdie volk heeltemal in my hand gee, sal ek hulle stede met die banvloek tref. En die HERE het gehoor na die stem van Israel en die Kanaäniete oorgegee. En hy het hulle en hul stede met die banvloek getref en die plek Horma genoem.
Rigters 11:30-31
En Jefta het aan die HERE ’n gelofte gedoen en gesê: As U werklik die kinders van Ammon in my hand gee, dan sal wat uitkom, wat uit die deure van my huis uitkom my tegemoet, as ek in vrede terugkom van die kinders van Ammon, aan die HERE behoort, en ek sal dit as ’n brandoffer bring.
1 Samuel 1:11,28
en sy het ’n gelofte gedoen en gesê: HERE van die leërskare, as U waarlik die ellende van u diensmaagd aansien en aan my dink en u diensmaagd nie vergeet nie, maar u diensmaagd ’n manlike kind skenk, dan sal ek hom aan die HERE gee al die dae van sy lewe; en geen skeermes sal op sy hoof kom nie. ... So staan ek hom dan ook af aan die HERE al die dae wat hy leef; hy is aan die HERE afgestaan. En hy het die HERE daar aanbid.
1 Samuel 14:24
en die manne van Israel dié dag aangedryf word, het Saul die manskappe besweer en gesê: Vervloek is die man wat iets eet tot vanaand, sodat ek my op my vyande kan wreek. Daarom het al die manskappe aan niks geproe nie.
2 Samuel 15:8
want u dienaar het ’n gelofte gedoen toe ek in Gesur in Aram gewoon het, en gesê: As die HERE my werklik in Jerusalem terugbring, sal ek die HERE dien.
Nehemia 9:1-10
EN op die vier-en-twintigste dag van hierdie maand het die kinders van Israel vergader en gevas in rouklere en met grond op hulle hoof. En die afstammelinge van Israel het hulle afgesonder van al die uitlanders, en hulle het gaan staan en belydenis gedoen van hulle sondes en die ongeregtighede van hulle vaders. En hulle het van hulle plek opgestaan, en gedurende ’n vierde deel van die dag gelees uit die wetboek van die HERE hulle God, en gedurende ’n vierde deel belydenis gedoen en die HERE hulle God aanbid. En op die verhoog van die Leviete het Jésua en Bani, Kádmiël, Sebánja, Bunni, Serébja, Bani, Kenáni opgestaan en met ’n groot stem die HERE hulle God aangeroep. En die Leviete Jésua en Kádmiël, Bani, Hasábneja, Serébja, Hodía, Sebánja, Petágja het gesê: Staan op, loof die HERE julle God van ewigheid tot in ewigheid! En laat hulle u heerlike Naam loof wat bo alle lof en prys verhewe is! U is alleen die HERE, Ú het die hemel, die hoogste hemel en al sy leërskare, gemaak, die aarde en alles wat daarop is, die seë en alles wat daarin is, en U hou dit alles in die lewe, en die leër van die hemel buig hulle voor U neer. U is die HERE, die God wat Abram uitverkies het en hom uit Ur van die Chaldeërs uitgelei het en sy naam tot Abraham gemaak het. En U het sy hart getrou bevind voor u aangesig, en U het met hom die verbond gesluit om die land te gee van die Kanaäniete, Hetiete, Amoriete en Feresiete en Jebusiete en Girgasiete, om dit aan sy nageslag te gee; en U het u woorde vervul, want U is regverdig. En U het die ellende van ons vaders in Egipte aangesien en hulle geroep by die Skelfsee gehoor, en U het tekens en wonders gedoen aan Farao en aan al sy dienaars en aan die hele volk van sy land; want U het geweet dat hulle vermetel teen hulle gehandel het, en U het vir U ’n Naam gemaak soos dit vandag is.
Psalms 22:26
Van U kom my lof in ’n groot vergadering; ek sal my geloftes betaal in teenwoordigheid van die wat Hom vrees.
Psalms 56:13
Op my, o God, rus geloftes aan U gedoen; lofoffers sal ek U betaal;
Psalms 61:6,9
Want U, o God, het my geloftes gehoor; U het die besitting gegee van die wat u Naam vrees. ... Só wil ek psalmsing tot eer van u Naam tot in ewigheid, om my geloftes te betaal, dag ná dag.
Psalms 66:13
Ek sal met brandoffers in u huis ingaan; ek sal U my geloftes betaal,
Psalms 76:12
Doen geloftes en betaal dié aan die HERE julle God! Laat almal wat rondom Hom is, geskenke bring aan die Vreeslike,
Psalms 116:14,18
My geloftes sal ek aan die HERE betaal in die teenwoordigheid van sy ganse volk. ... Ek sal my geloftes aan die HERE betaal in die teenwoordigheid van sy ganse volk,
Psalms 119:106
Ek het gesweer, en dit gehou, om u regverdige verordeninge te onderhou.
Psalms 132:2
dat hy aan die HERE gesweer het, hierdie gelofte gedoen het aan die Magtige van Jakob:
Prediker 4:17; Prediker 5:1-6
Gee ag op jou voet as jy na die huis van God gaan, want om nader te kom en te hoor, is beter as dat dwase ’n slagoffer bring; want hulle het geen verstand nie, sodat hulle kwaad doen. WEES nie haastig met jou mond nie, en laat jou hart nie gou ’n woord uitbring voor die aangesig van God nie; want God is in die hemel, en jy op die aarde. Daarom moet jou woorde min wees. Want soos die droom kom deur baie drukte, so die gepraat van die dwaas deur baie woorde. As jy ’n gelofte aan God gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe. Dit is beter dat jy nie belowe nie as dat jy belowe en nie betaal nie. Laat jou mond nie toe om op jou liggaam ’n sondeskuld te laai nie, en sê nie voor die gesant van God: Dit was ’n vergissing nie. Waarom moet God toornig word oor jou stem en die werk van jou hande verwoes? Want soos daar baie drome is, so is daar ook nietige woorde in menigte, maar vrees God!
Jesaja 19:21
En die HERE sal Hom aan die Egiptenaars bekend maak, en die Egiptenaars sal die HERE ken in dié dag; en hulle sal Hom dien met slagoffers en spysoffers en geloftes doen aan die HERE en dit betaal.
Johannes 1:16
En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade.
Handelinge 18:18
En nadat Paulus nog verskeie dae daar gebly het, het hy van die broeders afskeid geneem en na Sírië uitgeseil, en saam met hom Priscílla en Áquila. En in Kenchréë het hy sy hoof geskeer, want hy het ’n gelofte gedoen.
Handelinge 23:12-15
EN toe dit dag geword het, het sommige van die Jode saamgespan en hulleself vervloek deur te sê dat hulle nie sou eet of drink totdat hulle Paulus doodgemaak het nie. En daar was meer as veertig wat hierdie sameswering gemaak het. Hulle het na die owerpriesters en die ouderlinge gegaan en gesê: Ons het ons met vervloeking verwens om niks te gebruik totdat ons Paulus doodgemaak het nie. Laat dan nou, saam met die Raad, aan die owerste oor duisend weet om hom môre af te bring na u toe, asof u oor sy saak noukeuriger ondersoek wil doen. En ons is gereed om hom uit die weg te ruim voordat hy by u kom.

brood sal gee

1 Timótheüs 6:8
Maar as ons voedsel en klere het, moet ons daarmee vergenoeg wees.