CrossReferences.org

Kruisverwysings Genesis 28:2

Maak jou klaar, gaan na Paddan-Aram, na die huis van Bétuel, jou moeder se vader, en gaan haal vir jou daar ’n vrou uit die dogters van Laban, jou moeder se broer.

Druk op ’n gekleurde frase om na sy verwysings te spring.

Lees Genesis 28:2 in konteks →

Maak jou klaar

  1. Hoséa 12:13

    13En Jakob het gevlug na die veld van Aram, en Israel was diensbaar vir ’n vrou as loon, en vir ’n vrou het hy vee opgepas.

Paddan-Aram

  1. Genesis 28:5

    5So het Isak Jakob dan weggestuur, en hy het na Paddan-Aram gegaan, na Laban, die seun van Bétuel, die Arameër, die broer van Rebekka, die moeder van Jakob en Esau.

  2. Genesis 22:20-23

    20Ná hierdie dinge het hulle aan Abraham berig gebring en gesê: Kyk, Milka het ook vir jou broer Nahor seuns gebaar: 21Us, sy eersgeborene, en Bus, sy broer, en Kémuel, die vader van Aram, 22ook Kesed en Haso en Pildas en Jidlaf en Bétuel. 23(En Bétuel was die vader van Rebekka.) Hierdie agt het Milka vir Nahor, die broer van Abraham, gebaar.

  3. Genesis 24:10,15-24

    10En die dienaar het tien kamele van die kamele van sy heer geneem en weggegaan met allerhande kosbare goed van sy heer by hom: hy het klaargemaak en na Mesopotámië, na die stad van Nahor, getrek. … 15Hy het nog nie klaar gespreek nie, of daar kom Rebekka uit wat vir Bétuel, die seun van Milka, die vrou van Nahor, Abraham se broer, gebore is, met haar kruik op haar skouer. 16En die dogter was baie mooi van aansien, ’n jongmeisie, en geen man het haar beken nie. En sy het afgedaal na die fontein en haar kruik volgemaak en weer opgekom. 17Toe loop die dienaar haar tegemoet en sê: Laat my tog ’n bietjie water uit jou kruik drink. 18En sy antwoord: Drink, my heer! Daarop laat sy gou haar kruik op haar hand afsak en laat hom drink. 19Nadat sy hom genoeg laat drink het, sê sy: Ek sal vir u kamele ook skep totdat hulle genoeg gedrink het. 20Dadelik het sy toe haar kruik in die drinkbak leeggemaak en weer na die put geloop om te skep en vir al sy kamele geskep. 21En die man het haar stilswyend betrag om te weet of die HERE sy weg voorspoedig gemaak het of nie. 22En toe die kamele genoeg gedrink het, neem die man ’n goue ring, ’n halfsikkel in gewig, en twee armbande vir haar hande, tien sikkels goud in gewig. 23En hy sê: Wie se dogter is jy? Vertel my tog. Is daar plek vir ons in die huis van jou vader om te vernag? 24Toe antwoord sy hom: Ek is die dogter van Bétuel, die seun van Milka wat sy vir Nahor gebaar het.

  4. Genesis 25:20

    20En Isak was veertig jaar oud toe hy Rebekka, die dogter van Bétuel, die Arameër uit Paddan-Aram, die suster van Laban, die Arameër, vir hom as vrou geneem het.

  5. Genesis 29:1

    1TOE lig Jakob sy voete op en gaan na die land van die kinders van die Ooste.

  6. Genesis 31:18

    18en hy voer al sy vee weg en al sy goed wat hy versamel het, die vee wat syne was, wat hy in Paddan-Aram versamel het, om te gaan na sy vader Isak in die land Kanaän.

  7. Genesis 32:10

    10ek is te gering vir al die gunste en al die trou wat U aan u kneg bewys het; want ek het met my staf oor hierdie Jordaan getrek en nou twee laers geword.

  8. Genesis 35:9

    9Toe verskyn God weer aan Jakob, by sy terugkoms uit Paddan-Aram, en Hy seën hom;

  9. Genesis 46:15

    15Dit is die seuns van Lea wat sy vir Jakob gebaar het in Paddan-Aram, saam met sy dogter Dina; al die siele van sy seuns en dogters was drie-en-dertig.

Laban

  1. Genesis 24:29,50

    29En Rebekka het ’n broer gehad met die naam van Laban, en Laban het uitgeloop na die man buite by die fontein. … 50Toe antwoord Laban en Bétuel en sê: Van die HERE kom die saak; ons kan jou daar geen kwaad of goed van spreek nie.