En daarvandaan het hy verder versit na die gebergte oos van Bet-el en sy tent opgeslaan tussen Bet-el aan die weste- en Ai aan die oostekant, en daar vir die HERE ’n altaar gebou en die Naam van die HERE aangeroep.
DAARNA het God vir Jakob gesê: Maak jou klaar, trek op na Bet-el en woon daar; en bou daar ’n altaar vir die God wat aan jou verskyn het toe jy op die vlug was vir jou broer Esau.
En die huis van Josef, hulle het ook opgetrek na Bet-el, en die HERE was met hulle. En toe die huis van Josef Bet-el laat bespied—maar die naam van die stad was tevore Lus — sien die spioene ’n man uit die stad uitkom, en hulle sê vir hom: Wys ons tog ’n plek om in die stad in te kom, dan sal ons jou ’n guns bewys. Hy wys hulle toe ’n plek om in die stad in te kom; en hulle het die stad verslaan met die skerpte van die swaard; maar die man en sy hele geslag het hulle laat gaan. En die man het weggetrek na die land van die Hetiete, en hy het ’n stad gebou en dit Lus genoem; dit is sy naam tot vandag toe.
As jy hoereer, o Israel, laat Juda hom tog nie skuldig maak nie! Kom dan nie na Gilgal nie, en gaan nie op na Bet-Awen nie, en sweer nie: So waar as die HERE leef!
Ja, hy het met die Engel geworstel en die oorhand gekry, hy het geween en Hom gesmeek. By Bet-el het hy Hom gevind, en daar het Hy met ons gespreek. En HERE God van die leërskare, HERE is sy gedenknaam.