Kruisverwysings → Genesis 28:18

Toe staan Jakob die môre vroeg op en neem die klip wat hy onder sy hoof gesit het, en rig dit as ’n gedenksteen op; en hy het olie daaroor uitgegiet.

vroeg op

Genesis 22:3
Daarop het Abraham die môre vroeg klaargemaak en sy esel opgesaal en twee van sy dienaars en sy seun Isak saam met hom geneem; en hy het hout gekloof vir ’n brandoffer en opgestaan en na die plek gegaan wat God hom aangewys het.
Psalms 119:60
Ek het my gehaas, en nie getalm nie, om u gebooie te onderhou.
Prediker 9:10
Alles wat jou hand vind om te doen, doen dit met jou mag, want daar is geen werk of oorleg of kennis of wysheid in die doderyk waar jy heengaan nie.

rig dit as ’n gedenksteen op

Genesis 31:13,45
Ek is die God van Bet-el waar jy die gedenksteen gesalf het, waar jy aan My ’n gelofte gedoen het. Maak jou dan nou klaar, trek weg uit hierdie land en gaan terug na jou geboorteland. ... Daarop het Jakob ’n klip geneem en dit as gedenksteen opgerig.
Genesis 35:14,20
En Jakob het ’n gedenksteen opgerig op die plek waar Hy met hom gespreek het, ’n gedenksteen van klip, en daarop ’n drankoffer uitgegiet en olie daarop gegooi. ... En Jakob het ’n gedenksteen op haar graf opgerig; dit is die gedenkteken van die graf van Ragel tot vandag toe.
Josua 24:26-27
En Josua het hierdie woorde in die wetboek van God geskrywe en ’n groot klip geneem en dié daar opgerig onder die eikeboom wat by die heilige plek van die HERE is. Toe sê Josua aan die hele volk: Kyk, hierdie klip sal ’n getuie teen ons wees, want hy het al die woorde van die HERE gehoor wat Hy met ons gespreek het; en hy sal ’n getuie teen julle wees, sodat julle jul God nie verloën nie.
1 Samuel 7:12
Toe het Samuel ’n klip geneem en dit opgerig tussen Mispa en Sen, en dit Ebenhaéser genoem en gesê: Tot hiertoe het die HERE ons gehelp.
2 Samuel 18:18
En Absalom het gedurende sy lewe die gedenksteen wat in die koningsdal staan, geneem en vir homself opgerig met die woorde: Ek het geen seun om my naam in gedagtenis te hou nie; en hy het die gedenksteen na sy naam genoem, en dit word tot vandag toe genoem die gedenkteken van Absalom.
Jesaja 19:19
In dié dag sal daar ’n altaar wees vir die HERE binne-in Egipteland en ’n gedenksteen vir die HERE by die grens.

olie daaroor uitgegiet

Levitikus 8:10-12
Toe het Moses die salfolie geneem en die tabernakel en alles wat daarin was, gesalf en dit geheilig. En hy het daarvan sewe maal op die altaar gesprinkel en die altaar gesalf en al sy gereedskap, met die waskom en sy voetstuk, om dit te heilig. Daarna het hy van die salfolie op die hoof van Aäron gegiet en hom gesalf om hom te heilig.
Númeri 7:1
EN op die dag toe Moses die tabernakel klaar opgerig en dit gesalf en geheilig het met al sy gereedskap, en die altaar met al sy gereedskap, en hy dit gesalf en geheilig het,