Kruisverwysings → Genesis 27:7

Bring vir my ’n stuk wild en maak vir my lekker ete, dat ek kan eet en jou kan seën voor die aangesig van die HERE voor my dood.

voor die aangesig van die HERE

Deuteronómium 33:1
EN dit is die seën waarmee Moses, die man van God, die kinders van Israel geseën het voor sy dood.
Josua 6:26
In dié tyd het Josua hulle laat sweer met die woorde: Vervloek is die man voor die aangesig van die HERE wat sal opstaan om hierdie stad Jérigo op te bou: ten koste van sy eersgeborene sal hy sy fondamente lê, en ten koste van sy jongste sal hy sy poorte insit.
1 Samuel 24:20
Want as iemand sy vyand aantref, sal hy hom op ’n goeie pad laat gaan? Maar die HERE sal jou die goeie vergelde vir wat jy vandag aan my gedoen het.