Kruisverwysings → Genesis 27:46

Verder sê Rebekka vir Isak: Ek is moeg vir my lewe vanweë die dogters van Het. As Jakob ’n vrou neem uit die dogters van Het, soos húlle is, uit die dogters van die land—waarvoor lewe ek dan?

moeg vir my lewe

Númeri 11:15
En as U so met my wil handel, slaan my dan maar liewer dood as ek genade in u oë gevind het, en laat ek my ongeluk nie aansien nie.
1 Konings 19:4
maar self het hy ’n dagreis ver die woestyn ingegaan en daar onder ’n besembos gaan sit en gewens dat hy mag sterwe. En hy sê: Dit is genoeg, neem nou my siel weg, HERE, want ek is nie beter as my vaders nie.
Job 3:20-22
WAAROM gee Hy lig aan die ellendige en lewe aan die wat verbitterd is van siel; wat wag op die dood, en hy kom nie; en meer na hom grawe as na verborge skatte; wat bly sou wees met gejuig, hulle sou verheug as hulle die graf kon vind?
Job 7:16
Ek verfoei my lewe. Nie vir altyd sal ek lewe nie: laat my met rus, want my dae is nietigheid.
Job 14:13
Ag, as U my maar in die doderyk wou wegsteek, my wou verberg totdat u toorn bedaar het, my ’n bepaalde tyd wou stel en dan aan my wou dink!
Jona 4:3,9
o HERE, neem dan nou tog my siel van my weg, want dit is vir my beter om te sterwe as om te lewe. ... Toe sê God vir Jona: Het jy rede om vertoornd te wees oor die wonderboom? En hy antwoord: Ek het rede om vertoornd te wees tot die dood toe.

dogters van Het

Genesis 26:34-35
Toe Esau veertig jaar oud was, het hy Judit, die dogter van Beëri, die Hetiet, vir hom as vrou geneem, en Basmat, die dogter van Elon, die Hetiet. En hulle was vir Isak en Rebekka ’n bitter verdriet.
Genesis 28:8
en toe Esau sien dat die dogters van Kanaän sleg was in die oë van sy vader Isak,
Genesis 34:1-2
EN Dina, die dogter van Lea, wat sy vir Jakob gebaar het, het uitgegaan om die dogters van die land te leer ken. Toe Sigem, die seun van Hemor, die Hewiet, die vors van die land, haar sien, het hy haar gegryp en met haar gemeenskap gehad en haar onteer.

Jakob ’n vrou neem

Genesis 24:3
dat ek jou kan laat sweer by die HERE, die God van die hemel en die God van die aarde, dat jy vir my seun geen vrou sal neem uit die dogters van die Kanaäniete onder wie ek woon nie;